Gary Botha kom terug

Deel op

Blou Bul-staatmaker, Gary Botha, is op pad terug om sy rugbyloopbaan in Suid-Afrika voort te sit. Gerugte dat dit sal gebeur is gister bevestig. Daar word selfs gereken dat Botha by die Blou Bulle vir die res van die Curriebeker-seisoen sal inval, veral noudat een van die Noord-Transvalers se hakers, die kwotaspeler, Chilliboy Ralepelle, beseer is.

Botha het die afgelope paar jaar graafskapsrugby vir Londen Harlekyne gespeel. Hy sal Saterdag sy laaste wedstryd vir dié klub speel. Die span het nog nie ‘n oorwinning hierdie seisoen behaal nie. Botha en Harlekyne het wedersyds ooreengekom dat hy vroegtydig van sy kontrak vrygestel sal word.

Die hoofafrigter, John Kingston, het gesê dat hy hartseer is dat Botha die klub gaan verlaat. “Hy was ‘n integrale deel van die onlangse sukses van Harlekyne.”

Die knoetserige haker was deel van die Blou Bulle se Renaissance gedurende die begin van die dekade.

Die 27-jarige Botha sê hy het sy tyd by Harlekyne geniet. “Dit is met ‘n swaar hart wat ek sal gaan,” het hy bygevoeg. “Ek het baie vriende in my tyd by die klub gemaak en sal die span se vordering met groot belangstelling volg.”

красная рубашка для девочкилобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.