{jathumbnail off}
Hier is nou ‘n maklike slaai vir twee mense. Boonop is daar ‘n spesiale aanbod op lekker sappige aarbeie by die groentewinkel wat dit ook ‘n sakpasete maak.
AARBEI, FETA EN SPINASIESLAAI
‘n Klein houertjie aarbeie, stingels verwyder en gehalveer.
Rangskik op ‘n handvol babaspinasieblare.
Krummel ‘n skyfie fetakaas oor die aarbeie en spinasie en ‘n paar okkerneute. Pekanneute sal net so goed deug.
Sprinkel ‘n bietjie framboosgegeurde asyn oor die slaai en druiwepitolie na smaak.
Geniet!
‘n Vars brroodrolletjie met botter en dun snytjie salami daarby sal die hongeriges tevrede stel.