Die voormalige wêreldkampioen Fernando Alonso, wat die afgelope twee seisoene vir Renault gejaag het, het so pas ‘n kontrak met Ferrari geteken. Dit sal amptelik aanstaande Donderdag bekendgemaak word.
Die 28-jarige Spanjaard sal van 2010 af vir die rooi span jaag. Alonso sal Felipe Massa se spanmaat wees; dit beteken egter dat die ysman Kimi Raikkonen sy plek in die Italiaanse span kwyt is. Raikkonen sal bes moontlik na Mclaren terugkeer want Lewis Hamilton is van volgende jaar af sonder ‘n spanmaat. Heikki Kovalainen wat tans by Mclaren diens doen, gaan skuif!
Jenson Button moontlik wêreldkampioen
Die Britse renjaer Jenson Button kan moontlik die bestuurderstitel in die sakkie sit tydens die Japannese formule-eenwedren eerskomende naweek. As Button die wederen wen en Barichello eindig vierde of laer is die titel syne. As die Brasiliaan Sondag ‘n plek laer as sesde behaal, hoef Button net tweede te kom om die kampioen te wees! Glo dit of nie, as Barrichello agtste eindig, het die Brit eintlik net ‘n derde plek nodig om die titel te wen.