Fratsvloede tref Pretoria

Deel op

Talle paaie in Pretoria is gesluit nadat reënbuie fratsvloede in die stad veroorsaak het.

Volgens Console Tleane, woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, is Centurion, Pretoria-Wes en Pretoria-Noord die ergste getref.

Hippo- en Endstraat in Centurion is gesluit terwyl Von Hagen- en Trans Oranje-straat in Pretoria-Wes gesluit is.

Die DF Malan en De Waal kruising in Capitol Park moes ook sluit, sowel as Burger- en Gerrit Maritz-straat in die weste van Pretoria.

Kerkstraat in Pretoria-Wes was ook gesluit.

“Laagliggende gebiede, laagliggende brûe en duikweë word die meeste geraak deur fratsvloede,” het Tleane gesê.

Poele water versamel in dié areas, wat ‘n gevaar vir motoriste inhou.

Op die hoek van Von Hagen en Trans Oranje het drie motors amper weggespoel terwyl twee motors by die Gerrit Maritz en Burger vasgesit het.

Tot dusver is niemand beseer nie, maar motoriste in die area is aangesê om versigtig te ry.

Kwesbare kruisings in die area word tans deur metropolisielede beman en die brandweer staan gereed vir enige moontlike noodgevalle.

 

преимущества и недостаткиЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.