Die Olimpiese gees…

Deel op

Vier swart tieners van Chigaco is Maandag van moord aangekla nadat hulle ‘n 16-jarige medeskolier van die Fenger High School doodgeslaan het. Die polisie soek nog na drie ander verdagtes.

Albert Derrion was ‘n toeskouer by ‘n geveg tussen twee groepe skoliere, toe die trop skielik op hom toegesak het en hom begin slaan en skop het.

‘n Amateurvideo van die voorval, wat ook op YouTube te siene is, het die polisie in staat gestel om die moordenaars vas te trek.

Die geveg het Donderdagoggend uitgebreek tussen tieners van verskillende gebiede waar ‘n skietery ontstaan het. Dit is teen drie-uur die middag voortgesit ná die skool uitgekom het.

Die seun, wat deur sy oupa grootgemaak is, het bloot staan en toekyk hoe die faksies mekaar takel in die gebiedsoorlog, toe hy met ‘n plank bygedam is. Hy het sy bewussyn verloor. Toe hy weer bykom, is hy verder deur die woedende trop aangerand.

Die polisie het hom uiteindelik gered, maar hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Polisieversterkings bewaar tans die vrede by die skool waar emosies en weerwraak hoog loop.

Ouers sê die geweld was reeds aan die toeneem en hulle vrees dat dit nie die einde is nie.

Aktiviste van die BlackStar Project, ‘n groep wat geweld teenstaan, het oral in die buurt plakkate opgesit wat tieners tot vrede maan.

Q.L Anthony, woordvoerder van die groep, sê die swart tieners se gedrag is “aangeleer”. Hy het gesê die swart kinders “ly aan iets wat morele inversie genoem word” en ouers gevra om hulle kinders se gedrag te beheer.

Hy het videospeletjies en surrealistiese televisie blameer vir die moord. “Jy kan nie daardie dinge doen wat jy in die videospeletjie doen nie,” het hy gesê.

Die burgemeester van Chigaco het die “kriminele gedrag” wat aanleiding gegee het tot die moord veroordeel.

Die voorval het die stad se aansoek om die Olimpiese Somerspele in 2016 aan te bied, ‘n knou toegedien, aangesien een van die bepalende redes vir die kortlys die “veiligheid” van Chicago was.

Die vier stede wat die kortlys gehaal het, is Tokio, Madrid, Rio de Janeiro en Chicago. Die wenstad sal op 2 Oktober 2009 in Kopenhagen, Denemarke, aangekondig word.

Oprah Winfrey, die geselsprogramaanbieder, is ‘n inwoner en een van die ondersteuners van die bod om die Spele aan te bied.

 

ads onданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.