Stormjaers verhoed Amerikaner om oor ras te praat

Deel op

Image

Jared Taylor en betogers

Die Amerikaanse skrywer en kritikus van regstellende aksie, Jared Taylor, is onlangs in Kanada verhoed om ‘n voorbereide toespraak in ‘n hotel te lewer.

Deel op

Dosyne betogers wat agter balaklawas of bandanas geskuil het, het hom hardhandig by die saal uitgesmyt en eksemplare van sy tydskrif American Renaissance opgeskeur. Van die geskeurde tydskrifte is opgeskeur en op een stadium na sy kop geslinger. Die f-woord is glo vrylik deur die betogers gebruik.

Die gebeure het in die Lord Nelson-hotel in Halifax, Nova Scotia, plaasgevind. Mnr. Taylor sou aanvanklik in ‘n debat teen ‘n swart Kanadese professor, David Devine oor die onderwerp “Rassediversiteit: voordeel of nadeel vir Noord-Amerika?” op die kampus van die Dalhousie-universiteit deelneem. Toe Devine kop uittrek, het Taylor die vertrek in die hotel op eie koste gehuur om sy toespraak te lewer. Die toespraak verskyn in die jongste uitgawe van American Renaissance wat ook elektronies op www.amren.com bestel kan word.

Kanada ondervind toenemend rasseprobleme aangesien die land nie meer in staat is om soos in die verlede blanke Europeërs as immigrante aan te lok nie. Rassisme en etniese verdeeldheid word as ‘n toenemende probleem in Kanada gesien.

Die insident het ‘n debat in die plaaslike koerant, die Chronicle Herald, veroorsaak. Verskeie rubriekskrywers het gemeen dat, hoewel hulle nie met Taylor se kritiek op multikulturalisme saamstem nie, hy wel toegelaat moes gewees het om te praat. Daar is ook gevoel dat spraakvryheid in Kanada wesentlik deur polities korrekte stormjaers bedreig word.

Intussen beplan Taylor om in Maart terug te keer na Halifax vir ‘n debat met ‘n filosofieprofessor wat ingestem het om met hom die rede te voer.
{mos_mb_discuss:13}

casino noАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.