‘Witmense is giftige slange, ‘ sê Nujoma

Deel op

Witmense, Amerika en Brittanje was die afgelope naweek in die visier van oudpresident Sam Nujoma toe hy Saterdag ’n Swapo-vergadering op Ongwediva in die Oshana-streek toegespreek het, het Die Republikein op 22 September berig.

Nujoma het gesê: “Witmense is nie eerlik nie. Hulle is soos ’n giftige slang. Om saam met witmense te wees, is soos om ’n giftige slang in jou slaapkamer te hê.”

Nujoma het die vergaderinggangers daaraan herinner dat Namibiërs vir te lank onderdruk was.

“Witmense het ons te lank uitgetart. As hulle dit weer begin, sal ons met hulle afreken.”

Nujoma het met verwysing na die inheemse volke se weerstand teen koloniale besetting gesê: “Die Duitsers het watergate in die Omaheke-streek vergiftig sodat Herero-vroue nie meer in staat sou wees om meer as twee of drie kinders te hê nie.”

Volgens hom vergeet ’n oortreder maklik, maar ’n slagoffer vergeet nooit. Voorts het hy op “die imperialiste”, gefokus en meestal Amerika en Brittanje vir sy sterkste kritiek uitgesonder.

Volgens hom is Brittanje besig om Zimbabwe met onnodige ekonomiese sanksies te vernietig. “President Robert Mugabe het niks verkeerd gedoen nie.

Al wat hy gesê het, is dat die witmense in vergelyking met die swart meerderheid te veel grond besit. Kom ons deel, dit is al wat president Mugabe gevra het.”

Mnr. Nujoma het gewaarsku dat enige aanval op Zimbabwe as ’n aanval op die hele SAOG beskou sal word.

“Wie ook al aan Zimbabwe raak, raak aan die hele SAOG. Kom ons staan gereed om die imperialiste te beveg.”

Volgens Nujoma het die imperialiste Afghanistan en Irak aangeval en hulle is besig om nog Asiatiese lande te bedreig.

“Asiate en Angolese is ons vriende. Hulle het ons gedurende die bevrydingoorlog gehelp. Ons moet dit nooit vergeet nie,” het hy gesê. Volgens hom is Amerika en Brittanje kriminele wat nie menseregte ken nie.

“Ou wa mono OmuIngilisha, denga komutwe” (“Wie ook al ’n Engelsman ontmoet, slaan hom dood”).

Intussen het die Nasionale Menseregtevereniging (NSHR) in ‘n verklaring gesê Nujoma het net weer eens sy haat teenoor witmense gewys. Mnr. Phil ya Nangoloh sê die gedragskode vir politieke partye stel dit duidelik dat sprekers op vergaderings nie geweld mag aanhits nie.

Daarom sê hy sal dit interessant wees om te sien hoe pres. Hifikepunye Pohamba sy voorganger se uitsprake gaan hanteer.

реставрация паркета недороготопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.