Polisie noem brandstigting ‘vreedsaam’

Deel op

‘n Munisipale beampte se huis is tydens ‘n protesoptog oor dienslewering deur ontstoke inwoners met ‘n petrolbom afgebrand.

Kaptein Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die speaker se huis in die Sakhile-lokasie in Standerton is Sondagmiddag erg beskadig.

“Die protesoptog het omstreeks 12:00 begin en inwoners het die paaie met klippe, brandende bande en vullis versper. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die inwoners is met die polisie se aankoms op die toneel vreedsaam uiteen.”

Saterdag is die munisipale kantore in die lokasie tydens ‘n protesoptog aan die brand gesteek.

Die skade aan dié kantoor beloop sowat R60 000. ‘n Saak van brandstigting word ondersoek.

Hlathi het gesê die inwoners van die Sakhile-lokasie het Vrydag met ‘n betoging begin, en het water en elektrisiteit geëis.

“Beamptes van die provinsiale regering het die inwoners toegespreek en hulle is vreedsaam uiteen.”

 

гидро пескоструйФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.