Switserse Nestlé koop melk van Grace Mugabe

nestleembleem
Deel op

nestleembleemDie groot Switserse maatskappy Nestlé koop tot ‘n miljoen liter melk per jaar van voorheen blanke plase wat nou aan Grace Mugabe, die Zim-diktator se vrou, behoort. Mevrou Mugabe het in 2002 ses van die land se mees waardevolle plase van hul blanke eienaars gekonfiskeer, waaronder melkplase.

Switserland was vroeër vanjaar in die nuus toe die dorp St. Gallen Paul Kruger se naam van straatnaamborde verwyder het omdat hy glo ‘n “rassis” was. Maar een van die grootste Switserse maatskappye doen lustig sake met Grace Mugabe, omdat Switserland nie die sanksies van die Europese Unie en die VSA teen Mugabe, sy vrou en ander lede van ZANU-PF ondersteun nie.

Volgens ‘n berig in die Londense koerant, die Sunday Telegraph, meen Nestlé dat hy “geen wet oortree” deur melk van mev. Grace Mugabe se geroofde plase te bestel nie. Die koerant het verdere inligting gepubliseer dat Robert Mugabe self ‘n “landbou-empaaier” opgebou het en ten minste vyf plase van blanke boere oorgeneem het nadat die regmatige eienaars met geweld van hul grond afgesit is.

Volgens die Britse koerant, besit Grace Mugabe ongeveer 5 000 hektaar van die beste landbougrond, maar die belangrikste hiervan is die Gushungo-melkplaas, wat voorheen as Foyle-plaas bekend gestaan het. Dit is in Mazowe geleë, omtrent 10 kilometer noord van Harare.

Die plaas word deur Russell Goreraza, haar seun uit ‘n eerste huwelik, bestuur. Sy grootste kliënt, volgens personeel en ander betrokkenes, is die plaaslike filiaal van die Switserse voedselmaatskappy. Die enigste ander kliënte is diegene wat persoonlik by die plaas opdaag om melk te koop.

Toe die Sunday Telegraph die plaas besoek het, het die melk R8 per liter gekos.

‘n Woordvoerder by Nestlé se globale hoofkwartier in Switserland het aan die koerant gesê dat die maatskappy in 2009 begin het om melk op die ope mark van verskeie verskaffers op ‘n streng nie-kontraktuele grondslag aan te koop.

“In sekere gevalle, is die melk wat op die mark beskikbaar is, afkomstig van Gushungo-melkplaas,” het die woordvoerder gesê.

“Gedurende die onlangse krisis, het Nestlé dit nie oorweeg om sy bedrywighede in die land te staak nie. Deur basiese voedselprodukte aan die Zimbabwiese verbruiker te verskaf, beoog Nestlé om in die behoeftes van die plaaslike bevolking te voorsien, waarvan ‘n groot deel kwesbaar en benadeel is.”

Die koerant het ook berig dat die lone en werksomstandighede van die werkers by die melkplaas swak is.

‘n 25-jarige werkster met ‘n kind om te versorg het gesê sy kon nie bekostig om die melk teen R8 per liter te koop nie.

“Ek verdien maar R320 per maand, ten spyte daarvan dat ons baie, baie melk verkoop,” het sy aan die Sunday Telegraph gesê.

“Mev. Mugabe kom heelwat hier, maar sy praat nie met ons nie, net met die bestuurders,” het sy afgesluit.

ролики купитьЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.