Lus vir olywe?

Deel op

{jathumbnail off}

Nog ‘n bietjie van daardie vinkel oor? Hier is nog ‘n lekker resep. Die vinkel kan ook vervang word met selderystingels.

Die slaai hou goed vir ‘n dag of twee in die yskas, sonder die tamatie natuurlik. Voeg tamatie by net voor opdiening om te verseker dat die slaai vars is.

OLYF-EN-RYSSLAAI

Meng ‘n ‘n eetlepel of twee wilde rys met ‘n koppie witrys en kook gaar in groente- of hoenderaftreksel en laat afkoel.
Rooster intussen ‘n kleinerige eiervrug, so groot soos ‘n appel, in blokkies gesny tot gaar.
Sny 2 murgpampoentjies, 2 vinkelstingels en ‘n paar grasuie in dun skyfies en voeg saam met die eiervrug by die rys.
Voeg dan 10 tot 15 groen olywe en eweveel swart olywe by.
Voeg 10 tot 15 gehalveerde kersietamaties by en meng.

Maak ‘n slaaisous van gekapte vars pietersielie, knoffel en basiliekruid met olyfolie en suurlemoensap en giet oor die slaai.

Meng goed en versier met gekapte dillekruid.

Heerlik saam met koue vleis!

купить липецк аргонодуговая сваркаАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.