Onder Mugabe en ANC gaan Suider-Afrika aanhou ly

Deel op

Mens moet aanvaar dat solank die ANC en Mugabe in Suider-Afrika regeer, gaan daar nie vooruitgang wees nie. Ons situasie (die Afrikaner en ander stamme/volke) in SA sal net veel erger word, ekonomies, polities, maatskaplik, ens. Alles wat skeef loop, is mos “die witman se skuld”.

Dit is eintlik niks nuuts in Afrika om die “koloniale veroweraars” te blameer vir hul eie tekortkominge, wanneer die voorheen benadeeldes alles afbreek wat deur die “koloniale meesters” opgerig en opgebou is nie.

Zuma, Mbeki en ander Afrikaleiers is gou om te gaan bakhand staan vir ekonomiese hulp by die Weste, maar wat vang hulle en hul burokrasie of soustrein aan as hulle by die huis is?

Die swart Afrikane kan eenvoudig nie vermag wat nasies soos Duitsland en ander Europese lande ná al twee Wêreldoorloë reggekry het nie. Vanuit verwoesting en uiters arm omstandighede met min infrastruktuur, ná ‘n oorlog, het Europeërs en Japanners weer hul lande tot toonaangewende moondhede opgebou. En dit binne ‘n  kwessie van 10 tot 20 jaar!

Wat kon die ANC in 15 jaar verrig?  Met ‘n land wat hul net so op ‘n skinkbord gekry het met goeie infrastruktuur, ‘n funksionerende ekonomie, asook minder werkloosheid en misdaad as tans.

Mugabe en die ANC-soustrein sal altyd die blaam plaas op die koloniste, apartheid, wit rassiste, want dis al wat hulle kan doen, pleks van die fout by hulself te soek en dit aan te spreek en konstruktief te werk gaan. Maar nee, dié wat op die soustrein ry en swart ekonomies bemagtig is, werk so min as moontlik, gaan na spa’s om hulle te “motiveer”, koop duur karre en huise, gaan op vakansie met belastingbetalers se geld, of hulle is self korrup en betrokke by kriminele aktiwiteite om hulself nog meer te verryk. Die hebsug vier hoogty!

Die vraag wat ek vra is: Hoekom moet die Westerse lande en ander soos Sjina (wat al meer sy gevaarlike invloed in Afrika laat geld – meer as die VSA) Afrika suid van die Sahara te hulp snel? Dít terwyl swart Afrikane baie keer die Weste, veral witmense in die eerste wêreld, uitkryt as rassiste en dies meer. Met ander woorde, hulle bevuil hul eie nes.

Globaal gesien, was die belang van lande soos die VSA was nog altyd om meer uit Afrika kan kry as wat hulle insit. Die sogenaamde humanitêre hulp kom ter elfder uur, soms glad nie, want iemand soos Mugabe onderskep kos en ander middele wat vir sy uitgehongerde mense bedoel is.

Afrikaners moet ook nie onder ‘n illusie leef dat die Weste ons gaan help as daar meer hongersnood, ekonomiese ineenstorting (alreeds sigbaar) en die volksmoord op ons vererger nie. Hulle kan anderpad kyk, soos in Rwanda, waar die VN-magte soos in die sestigerjare in die Kongo, niks kon doen nie en die situasie net vererger het.

Die huidige toestand onder Afrikaners, die verdeeldheid, aanvaarding van die “nuwe SA” met al sy grille, vermengery, afgodery, materialisme, afdwaling van hul godsdienstige herkoms en beginsels, is ook die gevolg van wat die laaste 15 tot 19 jaar plaasgevind het.

Ons as volk moet ons eers verootmoedig voor ons hulp van Bo kan verwag. Ons kan hoeveel byeenkomste en vergaderings hou, as ons nie eers dít gedoen het nie, is al hierdie pogings tot bevryding van geen belang nie en futiel.

free online casino no deposit bonusЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.