Izak de Villiers oorlede

Deel op

Bekende leraar, skrywer, bekroonde digter en oudredakteur van Sarie en Rapport, Izak de Villiers, 73, is gister in die vroeë oggendure in sy huis in Johannesburg oorlede.

Hy is vroeër vandeesmaand met motorneuronsiekte gediagnoseer, nadat hy die afgelope twee jaar siek was.

De Villiers word oorleef deur sy vrou Rina en twee seuns, Louis en Jacques, asook ’n dogter, Chérie, en twee kleinkinders. Louis is ‘n bekende rugbyjoernalis.

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie, maar ’n gedenkdiens sal na verwagting Vrydag uit die NG gemeente Aasvoëlkop in Northcliff gehou word.

 

косметика для детейФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.