Wêreldleiers wens Merkel geluk

Angela Merkel
Deel op

Angela MerkelWêreldleiers het die Duitse kanselier, Angela Merkel, met haar verkiesingsoorwinnning gelukgewens maar sommige koerante meen vanmôre dat die lae stempersentasie en haar party se swakste vertoning sedert 1949 nie veel is om oor te kraai nie.

Die Amerikaanse president Barack Obama het sy gelukwensinge oorgedra deur te sê dat hy “uitsien na voortgaande noue samewerking met kanselier Merkel om ons gemeenskaplike uitdagings in die jare vorentoe aan te pak,” luidens ‘n verklaring wat deur die Withuis uitgereik is.

“Die Verenigde State en Duitsland is getroue bondgenote en is dwarsdeur die wêreld vennote in die bevordering van vryheid, veiligheid en voorspoed,” het die verklaring verder gelui.

Gordon Brown van Brittanje het gesê hy “sien daarna uit om hul noue werksverhouding voort te sit,” volgens ‘n woordvoerder van Downingstraat.

Die Franse president Nicolas Sarkozy meen die oortuigende oorwinning was ‘n gevolg van die openbare vertroue wat sy oor die laaste vier jaar gevestig het, terwyl die Italiaanse eerste minister Silvio Berlusconi Merkel geskakel het om hul “gemeenskaplike visie en verbintenis tot die bou van ‘n sterk en verenigde Europa te beklemtoon”, volgens die ANSA-nuusagentskap.

Hoewel die hoogs gewilde Merkel haar in Sondag se verkiesingsoorwinning verkneukel het, meen die Duitse dagblad Tagesspiegel dat haar telling van 33,8 persent, die regse party se laagste sedert 1949, ‘n “blou-oog” vir die kanselier verteenwoordig.

Duitse verkiesingsgrafiekDie stempersentasie was ‘n rekordlae 70,8 persent, teenoor 77,7 persent vier jaar gelede.

“Dis geen briljante vertoning nie,” het Die Welt verklaar en bygevoeg dat die uitslag vir Merkel se party “bitter” was, “veral vir die kanselier”.

Die Frankfurter Allgemeine Zeitung meen die konserwatiewe CDU/CSU-blok “het onder Merkel heelwat steun verloor”.

Maar die Londense Times sê Merkel beskik nou oor ‘n duidelike mandaat om die nodige hervormings in haar land aan te bring – soos om die ekonomie ná die resessie te herorganiseer.

“Die uitslag is goed vir Duitsland, goed vir Europa en goed vir ‘n demokrasie wat ‘n duidelike rigting, asook ‘n sterk mandaat, benodig,” meen die koerant.

Die oorwinning sal waarskynlik min verander aan Merkel se teruggehoue styl of haar voorkeur vir regering deur konsensus – maar dit het haar gesag op die wêreldverhoog versterk, veral by haar bondgenote.

“Haar sterk mandaat en “Duitsland se geleidelike herstel vanuit die resessie sal verseker dat haar sienings meer gewig in sowel Parys as Washington, Berlyn se twee sleutelalliansievennote, dra,” het die Times gesê.

“Dit gee vir haar bewegingsruimte en tyd om ongewilde probleme aan te pak, soos Duitsland se ontplooiing in Afghanistan,” het die koerant bygevoeg.

Die Russiese dagblad Rossiiskaia Gazeta het na die “rekordapatie” van die kiesers verwys en het die verkiesingsveldtog as “waarskynlik die verveligste in die geskiedenis van demokratiese Duitsland” bestempel. Vir die afgelope vier jaar is Merkel se party gedwing om aan ‘n liefdelose groot koalisie met die sentrumlinkse Sosiaal-Demokrate (SPD) deel te neem.

Maar sy gaan nou in alle waarskynlikheid saam met die meer konserwatiewe Vrye Demokratiese Party (FDP) regeer. Die twee het tesaam ‘n gemaklike meerderheid van 332 setels uit 622 in die parlement behaal.

“Ons hoofdoelwit is bereik, naamlik om ‘n regeringsverandering teweeg te bring, wat vir my al is wat vanaand tel,” het Merkel Sondag gesê.

Europa se grootste ekonomie is harder as die meeste deur die globale resessie getref en die vraag vir Duitsland se allerbelangrike uitvoere het drasties afgeneem, waardeur die land tans sy ergste resessie sedert die Tweede Wêreldoorlog ervaar.

Werkloosheid, wat deur Merkel as ‘n “hoogste prioriteit” geëien is, staan tans op 8,3 persent maar gaan volgens voorspellings oor die volgende maande verder styg.

справка в спортивнуюлобановский политик

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.