Vrystaat verloor op punte

Deel op

Die Vrystaat het ‘n ongekompliseerde rugbyfilosofie: Om ‘n wedstryd te wen, moet jy sorg dat jy meer punte as hulle het. Alte dikwels hierdie jaar het hulle teenstaanders meer punte as die Cheetahs gekry. Die Vrystaters hardloop en dryf en val aan en maak dit maklik lyk om punte te kry. Maar hulle laat te dikwels toe dat ander spanne ‘n groter puntetotaal as hulle bereik.

Gister het die Vrystaat die Blou Bulle verras en het as gevolg van net een rede verloor: Hulle het minder punte as die Pretorianers aangeteken. Terwyl dit alles verstommend eenvoudig klink, het die Cheetahs hierdie seisoen allerlei splinternuwe metodes gevind om hulle voetbal mee te kompliseer. Dis amper asof ‘n oordrewe sportmangees aan die wortel van die ellende lê.

Niks demonstreer dít beter as toe Fabian Juries net na halftyd die Blou verdedigingslinie laat borrels hap het toe hy om hulle geskroei het vir ‘n drie wat die Cheetahs ‘n aanspraak op die wedstryd gegee het. Maar amper asof dit onsportief sou wees om in ‘n posisie te bly om ‘n voorsprong te bekom, staan hulle toe ewe opsy sodat Wynand Olivier die drie van Fabian Juries kan neutraliseer.

Vroeër het die Blou Bulle presies volgens verwagting die Cheetahs gevou en opgerol. ‘n Morné Steyn-strafskop en ‘n Gerhard van den Heever-drie het die Bloues gou met 10-0 voorgekry. ‘n Dewald Potgieter-afstormdrie en Steyn se rente het die Noord-Transvalers laat voorloop 17-0.

‘n Tweetal Fabian Juries-drieë, een net voor rustyd en een net daarna, het die wedstryd binne die Cheetahs se bereik gebring. Uiteindelik was dit Blou Bulle wat die strooptoglustige Cheetahs uit die loopgrawe gehou het – net-net. Die Ligbloues wen 30-27.

Nie een span is tevrede huis toe nie. Die Cheetahs moet vrede maak met die gedagte dat hulle Curriebekeraanspraak vir die seisoen daarmee heen is. En die Blou Bulle moet wonder hoekom die toevoeging van hulle Springbokke nie die oorheersing waarop hulle staatgemaak het, besorg het nie. Dit kan wel wees dat die Cheetahs gister een van hulle beste wedstryde dié seisoen gelewer het. Hulle het egter minder punte as die Blou Bulle aangeteken. Dit beteken natuurlik dat die Blou Bulle meer punte as die Vrystaat behaal het. En só gesien, lyk die Pretorianers eintlik na Curriebekerkampioene.

последствия синус лифтингаФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.