Munisipale kantore afgebrand

Deel op

Munisipale kantore in Standerton is Saterdagoggend aan die brand gesteek nadat betogings weens swak dienslewering plaasgevind het, het Mpumalangapolisie gesê.

Kaptein Leonard Hlathi het gesê die inwoners van die Sakhilelokasie het Vrydag betoog teen die departement van water en ligte se swak diens .

“Provinsiale regeringsamptenare het met die betogers kom praat en hulle het in vrede verdaag.”

“Vroeg Saterdagoggend is die administrasiekantore, waar die bestuur van water en ligte gehuisves word, egter aan die brand gesteek,” het hy gesê.

Die skade aan die geboue is in die orde van R60 000, het Hlathi gesê.

Die vensters van die huis van ‘n raadslid is ook deur ‘n petrolbom beskadig, het hy gesê.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

 

купить джинсовые шорты для девочкиДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.