‘n Botsing in waardestelsels

Deel op

Leonard Chuene, die baas van Atletiek SA (ASA), erken openlik hy het gelieg oor geslagstoetse wat op die hermafrodiet Caster Semenya uitgevoer is. (Die Noord-Transvaal, Semenya se geboorteplek, is terloops glo die streek met die hoogste voorkoms van hermafrodiete op aarde.) Chuene maak rassistiese uitlatings teenoor blankes tydens sy liegery, vermoedelik met die hoop om sy eie bas te red.

Nietemin behou Chuene (wie se van terloops en ironies genoeg “bobbejaan” in ‘n swart taal kan beteken) sy amp met die eenparige goedkeuring van ASA se bestuur. Die ANC se Jeugliga sê ook hulle onvoorwaardelike steun aan Chuene toe. Opposisiepartye soos die DA is woedend.

Die regterpresident van die Weskaap, John Hlope, ontvang op ‘n stadium duisende rande elke maand van Oasis, ‘n maatskappy wat by hofsake in die Kaapse howe betrokke is. Dit was moontlik dat Hlope self van hierdie hofsake kon aanhoor. Dit was klaarblyklik ‘n enorme konflik van belang. Nie net pleeg Hlope blatant korrupsie deur geld by Oasis te ontvang nie, maar is hy ook ‘n Afro-fascis wat nie sal huiwer om by verskeie geleenthede rassistiese aanmerkings teenoor blanke kollegas in die regsberoep te maak nie.

Nietemin word Hlope nie uit sy amp verwyder nie. Hy is steeds die regterpresident. Hy toon hoegenaamd geen berou oor sy rassistiese en korrupte optrede nie, en het inteendeel die vermetelheid om vir ‘n pos in die Grondwetlike Hof aansoek te doen. In enige Westerse land sou Hlope en Chuene nie net hul ampte kwyt gewees het nie, maar sou die regerende party as gevolg van sulke skandale bes moontlik die volgende verkiesing verloor het. Hierdie is egter Afrika.

Siende dat ek doelbewus hierbo verwys het na ‘n Westerse land, kan dit wees dat diegene soos ek wat Hlope en Chuene as korrupte, rassistiese narre en ‘n verleentheid beskou, so oordeel as gevolg van my eie Westerse waardestelsel wat in Afrika gans en al ontoepaslik is? Is lieg en rassistiese uitlatings dus aanvaarbaar, mits die persoon wat so maak ‘n Afrikaan is? Lê die fout dus eerder by my en die DA se eie verwagtinge van aanvaarbaregedragstandaarde, en nie by Chuene en Hlope se optrede nie?

Hlope argumenteer juis dat die regstelsel verafrikaniseer moet word. Is dít wat Hlope bedoel wanneer hy sê dat die regstelsel verafrikaniseer moet word, dat swartes en blankes juis nie oor dieselfde kam geskeer moet word wanneer dit by morele en etiese vraagstukke kom nie? Dit is immers ondenkbaar dat ‘n blanke regter of sporthoofbeampte wat soortgelyke rassistiese uitsprake as Hlope of Chuene sou maak, hul poste sou kon behou.

Beteken Hlope se aandrang op Afrikawaardes dat swartmense aan ander standaarde as witmense gemeet moet word? Dit lyk tog asof dinge so werk in die praktyk, siende dat beide Hlope en Chuene steeds hul ampte beklee. Indien dit wel die geval is, sou dit goed wees as dit openlik deur die regerende ANC-regime erken word. Dit sou selfs nie vergesog wees om te wonder of die grondwet aangepas moet word nie.

Maak dit dus amptelik: bevestig dat blankes wel tweedeklasburgers is met minder regte as swartmense. ‘n Blanke mag dus nie die “k-woord” gebruik nie, maar ‘n swarte mag wel rassistiese beledigings teenoor blankes besig. Moet dit as blanke nie persoonlik opneem nie. Dis bloot hoe dinge in Afrika werk. Jy is ‘n indringer en ‘n kolonialis wat nog nie vertrek het nie. Maak vrede daarmee.

Indien dit wel die geval is, sal blankes ons handelswyse hiervolgens moet aanpas. Geen blanke het byvoorbeeld ‘n hoop op ‘n regverdige verhoor voor regter Hlope nie. Dit sou geldmors wees om eens te probeer om ‘n hofsaak met hom as die betrokke beampte te probeer beveg.

Voorts moet blanke sakelui wat mense soos Chuene of Hlope aanstel, ook kennis neem daarvan dat daar skynbaar nie dieselfde reëls van toepassing is op swart en blanke werknemers in vertrouensposisies nie. As jy iemand soos Chuene aanstel, is dit ‘n foutiewe, Westerse verwagting om te meen dat hy volgens jóú standaarde van eerlikheid moet optree. As hy ‘n blanke kollega op rassistiese wyse beledig, maak eweneens vrede daarmee. Dis sy reg. Jy is verkeerd deur iets anders te wil verwag.

Gewone leeus is immers baie meer gelyk as albinoleeus, hier in Afrika.

Lees ook Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

slots online casinoлобановский александр компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.