Grondroof was ‘die beste ding’ om met Zimbabwe te gebeur, sê Mugabe

Deel op

Die grondroofprogram wat duisende blanke boere en hul swart werkers van hul grond in Zimbabwe verdryf het, was “die beste ding wat ooit met ‘n Afrikaland kon gebeur”, volgens president Robert Mugabe.

In ‘n onderhoud met CNN-televisie in New York laat Dondernag, het ‘n selfversekerde Mugabe sy “grondhervormingsprogram” verdedig deur te sê: “Zimbabwe behoort aan die Zimbabwiërs, dis uit en gedaan.”

Mugabe was in die VSA om die Verenigde Nasiese se Algemene Vergadering by te woon, waar hy Vrydag ‘n toespraak sou hou.

Terwyl die meeste van die blanke boere wat van hul grond afgesit is, ook Zimbabwiese burgers was, het Mugabe gesê dat die onteienings geregverdig was omdat die boere meesal die afstammelinge van Britse setlaars was wat die grond van swart Zimbabwiërs tydens die koloniale tydvak afgevat het.

“Hulle het die grond onwettig beset. Hulle het op ons mense se grond beslag gelê,” het hy gesê.

Mugabe het ook sy ekonomiese beleid verdedig en gesê dat Westerse sanksies en nie wanbestuur nie vir die land se agteruitgang geblameer kan word.

Die VSA en die die Europese Unie het in 2002 ‘n reisverbod en batebevriesing teen Mugabe en sy binnekring ingestel.

Mugabe, wat gedwing is om sekere van sy magte aan sy aartsvyand, die voormalige opposisieleier Morgan Tsvangirai, af te staan nadat hy verlede jaar in die verkiesing oorwin is, het gemeen die sanksies is “onregverdigbaar”.

Hoewel Mugabe se magte redelik ingekort is deur die magsdelingsooreenkoms wat Tsvangirai in Februarie eerste minister gemaak het, wil die VSA en die EU sien dat meer hervormings deur die nuwe regering ingestel word – waaronder ‘n einde aan die voortdurende grondroofaksies – alvorens sanksies opgehef word.

Mugabe het ook ‘n aanval op die swart teoloog en Nobelvredespryswenner, aartsbiskop Desmond Tutu, geloods, na aanleiding van Tutu se kommentaar dat hy wat Mugabe is die karikatuur van ‘n Afrikadiktator sou wees.

“Hy weet nie waarvan hy praat nie, die klein mannetjie,” het Mugabe vies gesê en Tutu van “duiwelse uitsprake” beskuldig.

dealer casinoФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.