Vinkel, ‘n Italiaanse kinkel

{jathumbnail off}

 

Hier is nog ‘n maklike slaai met ‘n Italiaanse kinkel. Die vinkel onttrek die skadelike en potensieel toksiese anti-oksidante wat dikwels in verwerkte kosse aangetref word en is ‘n interessante smaakbyvoeging. Die slaai werk ook sonder die vinkel

BEET, LEMOEN en VINKELSLAAI

Kook ‘n klein bossie vars beet tot sag en laat afkoel. Of gebruik sommer gaar beet, verkieslik dié wat nie in asyn ingelê is nie. Skil en sny in skywe.
Rangskik op ‘n mooi bord.
Sny die skil van twee lemoene af en wikkel die segmente uit die vlies en rangskik oor die beet.
Sny ‘n vinkelbol in baie dun skywe en plaas op die beet en lemoen.

Maak ‘n slaaisous van ‘n teelepel olyfolie, vars tiemieblare en twee eetlepels lemoensap.

Bedrup die slaai en bedien saam met skywe gebraaide Haloumikaas en ‘n kraakvars warm Franse brood.

Mmm, smaaklik!

free 10 noлобановский александр компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.