Swarte kom weg met anti-wit uitsprake

Die vakbond Solidariteit het SAA Tegnies vandag veroordeel vir sy optrede in ʼn saak van rassisme teenoor ʼn Solidariteit-lid en die maatskappy se besluit om nie dissiplinêre aksie teen die werknemer vir sy opmerkings te neem nie. Solidariteit het verlede week die maatskappy drie dae gegun om die korrekte dissiplinêre aksie te neem, maar die betrokke werknemer is egter net gewaarsku oor sy uitsprake en nou beskou die bestuur dié saak as afgehandel.

Volgens Solidariteit-woordvoerder Jaco Kleynhans het ʼn swart werknemer in Augustus vanjaar ʼn werknemer met rassistiese opmerkings toegesnou en gesê dat hy nie wit mense kan verdra nie en dit ook nie kan verdra om saam met wit mense te werk nie. “Dié uitsprake is direk en op ʼn neerhalende en rassistiese wyse op die persoon se wit kollega en wit mense in die algemeen gemik en is niks anders as blatante rassisme nie,” verduidelik Kleynhans.

Die lid het kort na die voorval ʼn grief by die werkgewer ingedien, maar die werkgewer het besluit om nie die dissiplinêre prosedure, soos voorgeskryf vir klagtes van rassistiese optrede, te volg nie. Volgens SAA Tegnies se dissiplinêre kode is ʼn klag van rassisme gronde vir onmiddellike skorsing, waarna die toepaslike dissiplinêre optrede gevolg moet word.

Die maatskappy het vroeër aangedui dat hy verkies om eerder bemiddeling as ʼn alternatief tot ʼn dissiplinêre aksie te volg.

“Werkgewers kan nie onkonsekwent optree in sake soos dié nie. Die dissiplinêre roete moet eenvoudig gevolg word en daar kan nie na willekeur afgewyk word van die voorskrifte nie. Rassisme is nie ʼn ligte aanklag nie en geen werkgewer kan daarom bekostig om dit ligtelik te hanteer nie. Ligtelike optrede stuur ʼn boodskap aan werknemers dat dit aanvaarbaar is om ander se menswaardigheid met rassistiese uitsprake aan te tas,” sê Kleynhans.

“Die bestuur het aan Solidariteit beklemtoon dat die lid egter wel daarop geregtig is om die saak intern verder te neem, maar dit is niksseggend,” sê Kleynhans. “Die lid het reeds die korrekte interne prosedure aangepak, maar die bestuur het nie die korrekte dissiplinêre roete gevolg nie en probeer nou om ʼn ernstige saak van rassisme onder die mat in te vee.”

 

варианты освещения кухни фотоОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.