Kop op die Blok: Nou vir die Blou

Deel op

Omdat die Blou Bulle so ‘n stoere bydrae tot die Springbok-lotgevalle maak, het hulle seisoen die patroon van die afgelope paar jaar herhaal: Terwyl die hardebaarde met toetsspanne wedywer, word hulle plekke volgestaan deur belowende maar nat-agter-die-ore penkoppe. Hulle werk is om huis en haard te verdedig totdat die gesoutes terug is van hulle internasionale pligte. As die Blou Bulle binne trefafstand op die punteleer is, is die plan dat die toetsspelers ‘n plek in die halfeindrondtes sal konsolideer en as hulle eers daar is, wel, geen ander provinsiale span verstaan so goed soos die Blou Bulle hoe om trofees te wen nie.

Nou is dit ook so dat die Vrystaat met hulle grofste geskut nie veel beter as die Pretoriase plekhouers is nie. Hulle weet nou min of meer hoe goed hulle is en dit is moeilik om te sien waar hulle nog elemente sal vind om hulle spelpeil te lig.

‘n Blou span, aan die ander kant, wat skielik versterk word deur Victor Matfield, Danie Rossouw, Pierre Spies, Morné Steyn en Wynand Olivier, lyk skielik na ‘n span waarvoor ‘n Curriebeker-wennersparade solank gereël kan word. Frans Ludeke kan nou in die woorde van Hannibal Smith opreg mymer dat hy daarvan hou as ‘n plan bymekaar kom. Daar is nou genoeg wringkrag in die dieselenjin en in Spies, Dewald Potgieter en Deon Stegmann het hulle ‘n goedgebalanseerde lostrio wat die Blou bal kan beskerm, maar wat ook terreur in hulle opponente se geledere kan saai.

Morné Steyn sal boonop môre koers en kalmte na die agterlyn bring, terwyl die senterduo van Wynand Olivier en Jaco Pretorius nie net die verdedigingslyn sal styf trek nie, maar wat ook die belofte inhou om groot en skielike ellende op die Cheetahs uit te stort.

‘n Voorspelling: Die Blou Bulle wen met vyftien punte.

купить конверты на выписку для новорожденных спбДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.