Twee Franse vegvliegtuie bots

Deel op

Twee Franse Rafale-straalvegters het in die Middellandse See neergestort toe hulle na hulle vliegdekskip teruggekeer het ná ‘n toetsvlug.

Een van die loodse is gered en is “goed en gesond” nadat hy uit sy supersoniese vliegtuig geskiet het, het ‘n woordvoerder vir die Franse vloot, Kommandeur Bertrand Bonneau gesê. ‘n Soektog is vir die ander vlieënier onderweg.

“Alle pogings is nou daarop gerig om die tweede loods te vind.”

Die Rafales, soortgelyk aan dié wat die Franse magte in Afghanistan gebruik en wat Frankryk nou hoop om aan Brasilië te verkoop, het gister omtrent 30 kilometers van Perpignan in die suidweste van Frankryk geval.

Hulle was op pad terug na die vliegdekskip, Charles de Gaulle, ná ‘n ongewapende toetsvlug. Bonneau sê die vliegtuie was in die hande van uiters ervare loodse.

Die Rafale, wat gebou word deur die Franse vliegtuigvervaardiger Dassault, wat verantwoordelik was vir die legendariese Mirage, het die eerste keer in 1998 van die monteerbaan af gekom. Elkeen kos sowat R500-miljoen. Frankryk mik daarna om 294 Rafale-stralers in hulle weermag te hê. 80 vliegtuie is al aan die lugmag en die vloot besorg.

Brasilië het onlangs aangedui dat hulle belangstel om 36 Rafales te koop in ‘n transaksie wat etlike miljarde euro’s sal beloop.

справки в универ по болезниДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.