Obama se VSA sluit weer by kernverdragkonferensie aan

Deel op

Amerika se minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het gister gesê Amerika is “bly om terug te wees,” toe dié land na ‘n tienjaaronderbreking weer by ‘n VN-konferensie oor die sperverdrag op kerntoetse aangesluit het.

Clinton het aan die versamelde buitelandse ministers en gesante van meer as ‘n honderd lande verslag gedoen dat die administrasie van president Barack Obama in die komende maande sal werk om die raad en instemming van die Verenigde State se Senaat te verkry om die verdrag te bekragtig.

Die Omvattende Toetsverbodverdrag (OTVV) van 1996, wat die toetsing van alle kernbomme, enige plek, wil verbied, het in ‘n diplomatieke limbo gesluimer sedert ‘n Republikeins-gedomineerde Amerikaanse Senaat dit in 1999, die laaste jaar wat die VSA die konferensie bygewoon het, verwerp het. Die konferensie word elke twee jaar gehou in ‘n poging om genoeg bekragtigings te bekom om die verdrag af te dwing.

Die tweedaelange vergadering was gelyklopend met gister se spitsvergadering van 15 Veiligheidsraadslede gehou. Die nie-proliferasie van kernwapens was die onderwerp van die Veiligheidsraadsvergadering onder leiding van Obama, wat onderneem het om te werk vir ‘n kernwapenvrye wêreld.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, het gesê dat daar nie ‘n beter manier is om hierdie historiese dag te begin nie as om ‘n eed af te lê wat kernwapentoetse beëindig.

воронеж выставочноеtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.