Die man wat besonderhede oor Britse wetgewers aan ‘n koerant uitgelek het, sê hy was woedend omdat Britse troepe op die vuurfront nie ordentlike toerusting het nie.
Die Daily Telegraph berig dat die man, wat nog nie geïdentifiseer is nie, as deel van ‘n span wat met uitgawevorms te doen het, werk. Die man sê soldate wat nie op diens is nie, moet deeltyds as veiligheidswagte werk om vir hulle lyfpantser en stewels te bekom en hulle was boos toe hulle besonderhede van die eise gehoor het.
Besonderhede oor die wetgewers wat reëls gemanipuleer het om huise te meubileer of op te knap, belasting te ontduik of uitspattige items te koop, het vroeër vanjaar uitgelek. Die nuus het ‘n skandaal ontketen wat Brittanje se politieke gemeenskap geskud het.