Somer is slaaityd!

Deel op

Somer is nie die beste tyd om voor die warm kospotte deur te bring nie. Dis defnitief die lekkerste tyd om te smul aan iets kraakvars en gesond.

Waatlemoenskywe in blokkies gesny met ‘n paar vars, soet perskesnippers daarby, is mos hoogsomersmulkos!

Praag het ‘n paar besonderse somerresepte gaan uitsnuffel wat minder as 20 minute neem om aanmekaar te slaan en nie ure se geswoeg voor ‘n stoof beteken nie. Elke dag of wat gaan ons die smaakkliere ‘n bietjie prikkel met iets nuuts.

Nie elke item hoef van die duurste kwaliteit te wees nie, maar ryp, smaaklik en sappig is ononderhandelbaar!

Die resepte gebruik dikwels sout want dit verbeter die smaak. Peper, vars gemaal, is na gelang van elke smaak.

Ons eerste somerslaairesep gebruik nie eens olyfolie nie, dus is dit uitstekend vir die figuur en boonop goedkoop.

 

KOMKOMMERSLAAI met ‘n wortel-en-gemmer slaaisous

Wortel-en-gemmer slaaisous

Gooi ‘n duimpuntjie gemmer, gekap, en ‘n koppie wortelsap in ‘n kastrolletjie en kook vir 5 minute.
Laat afkoel en versap met ‘n eetlepel druiwepitolie. Voeg ‘n eetlepel appelasyn by en meng goed.
Versoet met suiker indien verlang.

Komkommerslaai

Was sorgvuldig en sny ‘n komkommer in dun skyfies; dit hoef nie geskil te wees nie.
Sny ‘n rooi ui ook in dun skywe.
Meng die komkommer en uie.
Sny ‘n klein rooi soetrissie in dun skyfies.
Rangskik die gesnyde groente op ‘n paar vars ysbergslaaiblare en ander jong groen blaartjies. Baba-spinasieblaartjies is heerlik.

‘n Volgraanbroodjie en roomkaas daarby maak ‘n voedsame maaltyd.

Klik op die foto om te vergroot

правило укладки ламинатаДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.