Nasionale Braaidag met Malema

Vandag, soos elke jaar die 24ste September, is die Afrikaners se Nasionale Braaidag. Dit is die dag waarop ons ons braaikultuur ten toon stel, en vir die wêreld wys hoe ‘n gekultiveerde spul ons is. Veral met die kookkuns.

Elke jaar gaan die Afrikaners se kookkuns aansienlik en met rasse skrede vooruit. Onthou, ons is afstammelinge van die Nederlanders, wat deur die handelsbedrywighede van die VOC, Jan van Riebeeck se werkgewers, met speserye wêrelddele verower het.

Speserye is in ons bloed. Dink maar aan ons geliefde boerewors. Dié kan jy Saterdae by vele vlooimarkte, voor Builders Warehouse, slaghuise, en menige ander plekke koop. Tydens kerkbasare, kan jy ook boereworsrolletjies te koop kry. Boerewors het selfs in advertensies van Komati-slaghuis al verskyn met ‘n : “Komati-slaghuis sit ‘n wip in jou wors !”

Dan kry jy ook by die Afrikaners natuurlik biltong. Daardie lekkerny wat ontstaan het toe die Nederlanders vleis sonder ‘n yskas moes bewaar tussen Nederland en Kaapstad, met die hulp van speserye. En dit was die Afrikaners se stapelvoedsel toe hulle guerilla-oorlogvoering onder leiding van generaal De la Rey uitgedink het, en die Britte op die slagveldore aangesit het.

Vandag is biltong in baie lande ‘n delikatesse.

En een van die hoofbestanddele van beide boerewors en biltong is natuurlik koljander. In Brittanje, Australië, Kanada en Nieu-Seeland waarheen Afrikaners heen verhuis, is koljander-speserye baie gesog. Die rede is dat Afrikaners mededeelsame mense is wat hulle erfenis met ander kulture deel, ter wille van die nageslag.

Soos almal weet, kan hulle nie hul Nasionale Braaidag dan Erfenisdag noem en vier nie. Want die Afrikaners se erfenis in Suid-Afrika is bykans alles verwoes deur die ANC regering in sy pogings om ons nasionale identiteit uit te wis.

Maar vandag word Nasionale Braaidag verder in my huishouding gevoer. Ek vier elke dag Nasionale Braaidag met Malema. Elke jaar word gewone vleis omskep in ‘n fynproewersdis, en net die gedagte daaraan laat smulpape hul lippe aflek.

Malema se teenwoordigheid is natuurlik die geheim, en ‘n voorvereiste. Hy verander alles as deel van die kooktegniek, tot ‘n fynproewersdis. Vanjaar is dit tyd vir afval en spesifiek daardie stinkende pens, met die vars beesmis wat nog daaraan kleef, se beurt om deur Malema verander te word, en as fynproewersdis op die lekkerbekke se borde te verskyn.

Die houtvuur word al die oggend gemaak. Dit moet aan die gang bly vir ten minste 5 ure. Dan word Malema nader getrek vir die voorbereiding. Eers word die uie in kookolie gebraai. Rooiwyn is deel van die sous. Op ‘n stadium word die stinkende afval ingewerk, en aan Malema oorgelaat om dit sag te kry, ongeag hoe taai en oneetbaar dit ook al aan die begin is. En dan word daar gekuier terwyl die proses aan die gang is.

En dan wanneer die heksebrousel lank genoeg gestook is, kyk ons of dit gaar en sag is. Indien wel, dan trek ek Malema, my driebeenkafferpot, van die vuur af, en deel nog ‘n aspek van ons smaaklike Afrikanererfenis met ‘n klomp smulpape.

Jaar na jaar, kan my vriende nie wag dat ek Malema nadertrek om sy funksie te verrig nie.

mosoblburenie.ruлобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.