Indië ontdek water op die maan

{jathumbnail off}

Drome van maanreise en ‘n bemande maanbasis het ‘n hupstoot gekry met Indië se aankondiging dat hulle maansending water, goot hoeveelhede daarvan, ontdek het.

Data van Chandrayaan-1 suggereer ook dat water steeds op die maan gevorm word. Wetenskaplikes sê die ontdekking, wat deur NASA aangekondig sal word, gaan maanreise verander.

Die ontdekking is ook ‘n aansienlike inspuiting vir Indië se ruimteresies teen China.

Dr Mylswamy Annadurai, die missie se projekdirekteur by die Indiese Ruimtenavorsingsorganisasie in Bangalore, sê dit is “baie bevredigiend”.

Alhoewel die soeke na water een van die hoofdoelwitte van die sending was, is dit nogtans ‘n verrassing sê wetenskaplikes.

Die onbemande tuig was toegerus met NASA se Moon Mineralogy Mapper, M3, wat ontwerp is om water te soek deur die elektromagnetiese uitstraling van minerale op te tel.

Die M3 het ook die verrassingsondekking gemaak dat water nog steeds op die maanoppervlak gevorm word.

Die Chandrayaan-1 is verlede jaar in Oktober in ‘n wentelbaan om die maan geplaas. Die Indiese ruimteorganisasie het verlede maand kontak met die tuig verloor en moes die missie kanselleer.

Die opspraakwekkende data is teruggesein voordat die missie geskrap is.

Wetenskaplikes wag in spanning op die data wat twee Amerikaanse tuie wat in Junie gelanseer is, sal terugstuur wat waarskynlik die bestaan van water op die maan sal bevestig.

 

бани и сауны

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.