VSA en Frankryk loop uit tydens Ahmadinejad-toespraak

Deel op

Verskeie afgevaardigdes, insluitende die VSA en Frankryk, het uit die VN se Algemene Vergadering tydens ‘n toespraak deur die Iranse president, Mahmoud Ahmadinejad, geloop. Dit word gesien as ‘n sein aan Ahmadinejad dat hierdie lande sy land se kernprogram afkeur.

Daar is ernstige kommer dat Iran hulle kernkapasiteit sal gebruik om massavernietigingswapens te vervaardig, waarskynlik vir gebruik teen Israel.

In sy toespraak het Ahmadinejad klem gelê op die deugde van Islam en gewaarsku dat ongebreidelde kapitalisme tot ‘n val sal kom, net soos wat met sosialisme gebeur het.

Ahmadinejad het Israel uitgesonder vir kritiek en dié land beskuldig van ‘n “onmenslike beleid” teen die Palestyne en hulle dominansie van die wêreld se politieke en ekonomiese aangeleenthede.

Hy het voorts gesê “die ontwaking van volke en die uitbreiding van vryheid wêreldwyd sal beteken dat [Israel] nie langer sal kan voortgaan met hulle skynheiligheid en venynige houding nie”.

Hy het nie gedurende sy toespraak verwys na Teheran se kernprogram nie.

Sy toespraak is met belangstelling deur Westerse moondhede gevolg en dit is voor sy aflewering van die podium af, vrygestel.

Hy het die Weste daarvan beskuldig dat hulle “oorlog, bloedvergieting, aggressie, terreur en intimidasie” in die Midde-Ooste saai en na die oorloë in Irak en Afghanistan verwys.

“Hoe kan misdade van die besetters teen kwesbare vroue en kinders en die vernietiging van hulle huise, plase, hospitale en skole so onvoorwaardelik deur sekere regerings ondersteun word?”

Die Iranse leier het gesê dit is tyd vir die wêreld om te reageer.

“Dit is nie meer aanvaarbaar dat ‘n klein minderheid die politiek, ekonomie en kultuur van groot dele van die wêreld oorheers met hulle ingewikklede netwerke en ‘n nuwe soort slawerny bedryf nie, en die reputasie van ander volke kwaad aandoen, selfs Europese volke en die VSA, om hulle rassitiese ambisies te volvoer nie.”

 

магазин детские игрушкиФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.