Reise van Janssens en De Mist

Janssens
Deel op

JanssensEers goewerneur Janssens, en later kommissaris-generaal De Mist het omvattende reise in die binneland onderneem. Die laaste gerieflike woonhuis waarin Janssens op pad na die oosgrens tuisgegaan het, was die boerewoning van Hillegard Mulder. In een van die grootste vertrekke het daar ‘n orrel gestaan. Daar het die gesin en die bure op Sondag byeengekom om godsdiensoefening te hou.

By die Gouritsrivier het Janssens die eerste daklose vreemdelinge teëgekom uit die gebiede wat deur die Xhosas en Khoi-Khoi geplunder is. In die omtrek van Algoabaai het die deerniswekkende toestand van groepies boere wat van hul plase verdryf was, die goewerneur diep getref. Graaff-Reinet was in ‘n treurige toestand. Die kerk, wat deur die Engelse as kaserne vir die pandoers gebruik is, was verweer. Baie huise was in puin en tuine verwaarloos. Al het net sowat twee-derde van die boere hul verliese bekend gemaak, was tussen 800 en 900 perde en byna 75 000 beeste en skape verlore.

Nadat Janssens met die vraagstukke aan die grens kennis gemaak het, het hy besef dat die verhouding tussen wit en swart aldaar net kon baat vind by die beperking van kontak tussen die twee groepe. Hy het bepaal dat geen wit mens ‘n swarte in sy diens mag neem nie, onder meer omdat verskille tussen individue tot algemene twiste kon lei. Janssens het ‘n klein klompie soldate onder kaptein L. Alberti by Algoabaai gelaat om die vrede aan die grens te probeer handhaaf. Alberti het later in ‘n boek geskryf dat daar twee grondbeginsels vir rus en welvaart is: dat die swartes binne hulle grense bly en dat alle omgang tussen wit en swart mense beëindig moes word.

Ná Janssens se terugkeer het De Mist op 22 Oktober 1803 met ‘n gevolg van 22 wit mense en 17 Khoi-Khoi uit Kaapstad vertrek. Onder hulle was die Duitse geneesheer dr. M.H.K. Lichtenstein, De Mist se seun Arnoldus Lambert, sy dogter Augusta en ‘n vriendin mej. E.M. Versveld. Die geselskap het eers noord en daarna ooswaarts gereis. Op die reis kon De Mist tot ander insigte oor die Kaapse samelewing kom. Sowel De Mist as Janssens was voorheen sterk onder die invloed van die leerstellings van Rousseau oor die “edele barbaar”. De Mist het toegegee dat hy te maklik geglo het aan John Barrow en die Fransman L. Degrandpére wat die grensboere so ongunstig beskryf het. Toe De Mist in 1803 self die toestand aan die grens waargeneem het, het hy geskryf hy kon nooit vermoed dat skrywers soos dié twee “enkel uit nationale nijd” soveel lasterlike onwaarhede kon verkondig nie.

Soos ander reisigers voor hulle, is de Mist en sy geselskap hartlik in die boerewonings ontvang. Lichtenstein, wat dikwels in Barrow se geskrifte van die “onbeskaafde boere” gelees het, moes hom telkens verbaas oor die aangename maniere van die mense wie se gasvryheid hulle geniet het. By “Prammeberg” in die Karoo verwonder hy hom oor die aangebore goeie maniere en natuurlike beleefdheid van die boere in ‘n droë eensame wêreld. Boere het met hul waens en gesinne van heinde en verre gekom om die geselskap te verwelkom. Almal het persentjies van wild of die een of ander eetgoed gebring. In Anna Böeseken se samevatting van De Mist se reis (waarvan hier gebruik gemaak is) lui een van die opskrifte: “Beskaafdheid van die Boere het Lichtenstein verbaas”.

план бани фотоалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.