Sangoma aangehou vir verkragting van leerling

Sangoma se hut
Deel op

Sangoma se hut‘n Een-en-dertigjarige manlike sangoma is gister te Lawley naby Ennerdale vir die verkragting van ‘n 16-jarige swartmeisie in hegtenis geneem. Hy was besig om die jeugdige as tradisionele geneser op te lei.

Konstabel Edwin Ntsheo sê die man is by sy huis gearresteer nadat die meisie en haar ouers ‘n klag van verkragting gelê het.

“Die meisie beweer dat haar opleier haar in Maart vanjaar vertel het dat die voorvaders verlief geraak het en daarom moes hulle ook romanties verbind raak. Sy sê sy het nie gereageer nie maar het haarself verskoon en badkamer toe gegaan.”

Volgens Ntsheo is die meisie by haar terugkeer herhaaldelik deur die sangoma verkrag, wat haar later na bewering by vyf verskillende geleenthede verkrag het, waaronder Saterdag 19 September.

“Sy beweer dat, terwyl die man haar verkrag het, hy haar beveel het om ‘Thokoza Baba, Thokoza Baba’ (wat vry vertaal, ‘geniet vader’ beteken) by herhaling te sing.”

“Thokoza” word ook gebruik om sangomas te groet en sangomas besig dit dikwels as hulle met mekaar of pasiënte praat en wanneer hulle mense in die algemeen groet.

Ntsheo sê die man het na bewering die meisie gedreig om niemand te vertel nie en vir haar gesê dat sy vir die res van haar lewe sou ly indien sy dit sou doen.

Na verwagting sal die man binnekort in die Vereenigingse landdroshof verskyn.

детские сайтылобановский александр интервью

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.