VF+ wil met plaaslike ANC oor ‘Pretoria’ praat

Die Vryheidsfront Plus het uitsprake van die plaaslike ANC in Pretoria verwelkom waarin hulle erken het dat die naam van die hoofstad Pretoria is.

Die voorsitter van die ANC se Tshwane-distrik, Sputla Ramokgopa, het aangedui dat Pretoria se naam nie sonder meer verander sal word nie.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is hierdie ‘n oorwinning vir Pretorianers en ‘n wekroep dat druk verder verskerp moet word om die naam van die stad te beskerm.

“Die plaaslike ANC is onder druk vanweë die stad se finansiële krisis en hulle eie ondersteuners  maak dit aan hulle duidelik dat hulle dienslewering soek, nie naamsveranderinge nie. Die plaaslike ANC is duidelik verdeeld oor die naamkwessie,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het die ANC-beheerde metroraad vroeër daarvan beskuldig dat die raad probeer om aandag af te lei van die finansiële krisis waarin hulle die stad gedompel het, nadat die metroraad die VF Plus voor die hof gedaag het om toestemming te kry om naamborde wat slegs die naam ‘Tshwane’ bevat, op te rig.

Die VF Plus het gesê dat hy in gesprek wil tree met die plaaslike leierskap van die ANC oor ‘n moontlike finale oplossing vir die naamkwessie. “Ons glo dat ‘n permanente oplossing moontlik is waarmee alle inwoners in die stad tevrede sal wees. Pretoria het die geleentheid om ‘n voorbeeld te stel oor hoe sensitiewe sake soos hierdie hanteer behoort te word.”

mositaldent.rutopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.