Hlope nie op kortlys

Oudregter Kriegler
Deel op

Oudregter KrieglerRegter-president John Hlophe van Kaapstad is nie op die kortlys om binnekort hoofregter van die land te word nie.

Die Geregtelike Dienskommissie, GDK, se besluit kom as ‘n slag vir die Justice for Hlophe Alliance wat die laaste paar maande probeer het om Hlope se kanse vir ‘n grondwethofaanstelling te verseker.

Hlophe se hantering van die korrupsie-aanklagte teen president Zuma het die onderhoude in Kliptown, Soweto, oorheers.

Zuma moet voor 11 Oktober vier uit die sewe kandidate op die kortlys kies.

Daar was verrassings op die lys, soos die relatief onbekende regter Mogoeng Mogoeng van Mafikeng en Regter-president Raymond Zondo van die arbeidsappèlhof in Johannesburg. Zondo is berug vir talle laatuitsprake by dié hof.

Regters Leona Theron, Johan Froneman, Mandisa Maya, Sisi Khampepe en Chris Jafta is ook op die kortlys.

Regter Ntsikelelo Poswa van die hooggeregshof in Pretoria het hom vanweë sy hoë ouderdom as kandidaat onttrek

Oudregter Johann Kriegler, voorsitter van Freedom under Law, FUL, het aan Beeld gesê Hlophe se weglating beïnvloed nie FUL se regsaksie teen die GDK nie.

паркетФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.