Misdaadstatistieke: Buite verhouding hoog

Deel op

“Rooftogte by woonhuise is uiters kommerwekkend en het toegeneem met 27,3 % (18 438) volgens die nuutste misdaadstatistiek. As in ag geneem word dat roof by woonhuise in 2007/2008 met 13,5% (14 481) en in 2006/2007 met 26,4% (12 761) toegeneem het, het roof by woonhuise die afgelope drie jaar met 54,2% toegeneem.

Roof met verswarende omstandighede het met 2,6% (121 392) toegeneem. Hierdie tipe misdaad bedreig die publiek se lewens en is hulle in hulle eie huise nie veilig nie.

Motorkapings het die afgelope drie jaar ook elke jaar gestyg en nou weer met 5%. Oor die tydperk van drie jaar het motorkapings met 16,3% gestyg. Dit beteken mense voel onveilig om te ry.

Hierdie drie misdade bedreig die publiek se lewens en is hulle in hulle eie huise en op pad werk toe onveilig. Dit bevestig die publiek se siening dat misdaad toeneem,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Die nuutste misdaadstatistiek (rou syfers) wat toon dat moord (-1,8%), poging tot moord (-2,6%) en gewone roof (-8,9%) ‘n afname toon, kan ‘n vals gerustheid skep oor misdaad in Suid-Afrika.

Die moordsyfer is nou 37,3 per 100 000 van die bevolking, maar die wêreldgemiddeld vir moord is 5 per 100 000 van die bevolking. In Suid-Afrika word steeds vyftig mense per dag vermoor en is moord steeds amper agt keer hoër as die wêreldgemiddeld. Die verkragtingsyfer (24 836) toon dat daar 68 vroue per dag verkrag word of drie elke uur. Dit maak Suid-Afrika steeds onveilig vir vroue,” sê Groenewald.

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die afname in ander misdade en dat die Minister onderneem het dat misdaadsyfers minstens jaarliks bekend gestel sal word. Die Vryheidsfront Plus sou verkies dat die syfers kwartaalliks bekend gestel word,” het Groenewald gesê.

для водоснабженияФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.