Staan-staan deur die lug

Deel op

Nuwe vliegtuiginterieurontwerpe mik vir meer passasiers met minder gerief. Eenvan die kontroversiële ontwerpe wat ruimte en geld bespaar, behels passasiers wat in lang rye teenoor mekaar sit.

Howard Guy, direkteur van die Britse ontwerpmaatskappy Design Q, sê mense gaan nie gelukkig wees met die nuwe uitleg nie, maar hulle sal nie omgee om minder te betaal nie.

“Natuurlik sal passasiers vlugte kan bespreek waarop daar die tradisionele sitplekplan is, maar hulle sal vir daardie luukse moet betaal.”

Guy voorsien dat die nuwe sitplekplan 50% meer passasiers sal beteken en ‘n vermindering van 30% op die kaartjieprys.

Hy het egter toegegee dat die nuwe sitplekke nie vir langer as twee uur gemaklik sal wees nie.

Die plan sal vir kort afstande werk, “enige iets tussen 30 en 80 minute”.

Trollies met verversings sal ook nie deur die nou gangetjies gestoot kan word nie en dus sal reisigers nie iets kan geniet op die vlug nie.

‘n Ander opsie wat Ryanair ondersoek het, is vertikale plekke waar passasiers eerder staan as sit. Hulle wil die staanplekke en kroegstoeltjies agter in die vliegtuie aanbring en passiers so in staat stel om gratis te reis as die vlugtyd onder ‘n uur en half is.

Die idee om ruimte te maksimaliseer word in ander vorme van transport soos luukse privaatstralers gebruik, sê die maatskappy.

Ligter sitplekke sal minder brandstof en meer passasiers beteken.

лучшее белое виноФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.