Nuwe raad, ou weë

Onder baie omstredenheid is die nuwe SABC-raad uiteindelik in die parlement aangekondig. Die eerste doelstelling van hierdie nuwe raad sal seersekerlik wees om die SABC uit sy finansiële verknorsing te probeer red. ʼn Volskaalse staking deur SABC werknemers oor loongeskille, is onlangs net-net afgeweer. Verder is dit alombekend dat sekere televisieproduksies opgeskort word omdat daar net nie meer voldoende fondse is om daarmee voort te gaan nie. Van die korporasie se jare-lange verskaffers moes ook al deure sluit, omdat die SABC hulle eenvoudig net nie betaal nie.

Na die ontbinding van die raad is daar met groot afwagting uitgesien na ʼn nuwe raad wat, soos gepropageer deur die ANC-regering, meer gebalanseerd na alle landsburgers se belange sou omsien. Dit het egter toe nie gebeur nie. Die nuwe raad is maar weereens lakeie van die ANC, die Suid – Afrikaanse Kommunistiese Party, Cosatu en hierdie keer het selfs ʼn benoeming van Julius Malema se ANC-jeugliga, ʼn pos op die raad gekry.

Dit is dus duidelik dat die ANC se bedoeling van die begin af was om, nie oor politieke grense heen aanstellings op die raad te maak nie, maar die parlement te gebruik om te stoomroller oor die aanstellings van vooraf beplande kandidate, wat die regerende ANC en sy kommunistiese bondgenote goedgesind is.

Daar het dus niks verander nie. Wat die algemene bedryf van die korporasie betref, ingesluit programkeuses, nuusredakteurs, joernaliste en tegniese personeel, sal die korporasie dus bedryf word soos voorheen. Dit beteken ook dat daar op hierdie stadium geen aanduiding is dat daar enige iets sal verander aan die SABC se finansiële penarie nie.

Daar mag tog dalk ʼn paar nuwe verassings op die luisteraar en kyker van SABC dienste wag. Nuutverkose lede, David Niddrie van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, en Nkomatane Motsepe van die ANC-Jeugliga, behoort vroeg-vroeg al, in die begin van hulle termyne, te probeer om hulle stempel en ideologie op die bedryf van die SABC af te dwing.

Kom ons bekyk die nuwe raad van naderby. Buiten die twee wat reeds genoem is, is daar ʼn Masekela, ʼn Mello, ʼn Gina, ʼn Craven, ʼn Harris, ʼn Moore, ʼn Vos, ʼn Green, ʼn Sekha, ʼn O’Neil, en ʼn Golding. By slegs twee van die vanne skemer daar ʼn Afrikaanse verbintenis deur. Craven is benoem deur Cosatu en Vos is van die Inkatha Freedom Party.

Duidelik is daar dus niemand wat, nog die belange van die Afrikaanse taal, nog die belange van die Afrikaner, op die hart dra nie.

Verlede Vrydag het Radio Pretoria sy sestiende verjaarsdag gevier. Wat ʼn mylpaal! Radio Pretoria dra die belange van Afrikaans en die Boere-Afrikaner op die hart. Slegs deur u volgehoue ondersteuning sal Radio Pretoria van krag tot krag gaan om nog beter diens aan u, die luisteraar te lewer. Ons het die SABC nie nodig nie. Ons het ons eie radiostasie. Radio Pretoria. Die Radio met Grense.

Mag die bydrae wat Radio Pretoria maak tot die vryheidsideaal van ons volk, vrugte afwerp, sodat ons kinders se kinders, vyftig jaar van nou af, ook sal sit en luister na ʼn nuuskommentaar.

play slots freeтопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.