Oliepryse tuimel agv kommer oor swak aanvraag

Deel op

Oliepryse het Maandag getuimel toe die mark ongemaklik geraak het oor energie-aanvraag in Sjina, wat as ‘n sleutel tot die herstel in die wêreldwye vraag gesien word, en het toegegee aan druk van ‘n effense hoër dollar.

New York se hoofkontrak – ligte, soet ruolie vir aflewering in Oktober – het tot $69.71 gedaal, ‘n verlaging van $2.63 van Vrydag af.

In Londen het Brent Noordsee-ruolie – waarop die Suid-Afrikaanse olieprys gebaseer is – met $2.63 tot $68.69 gedaal.

“Pryse het vanoggend onder druk gekom oor sorg aangaande die robuustheid van die wêreldwye ekonomie en die aanvraag vir diesel in Sjina,” het Barclays Capital in ‘n kennisgewing aan kliënte gesê.

“Hierdie vrese is aangedryf deur Sinopec se opmerking oor dieselaanvraag wat steeds agterweë bly, met Sinopec se brandstofverkope wat laer is jaar-teen-jaar tot dusver vanjaar,” sê hulle.

Maar Barclays-ontleders het voorspel dat Sjinese dieselaanvraag in die komende maande sal verbeter as gevolg van ‘n voorraadheraanvulling deur Amerikaanse kleinhandelreuse wat ‘n aanstuurgevolg op Sjina sal hê vanweë verbeterde handel.”

для диагностикиОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.