Ongemaklike vrae oor Krygkorhoof

Deel op

Die Demokratiese Alliansie gaan daarop aandring dat Krygkor aan die parlement verduidelik hoekom die sukkelende wapentuigverkrygingsmaatskappy, ‘n semi-staatsinstelling, ‘n styging van 89 persent in salaris en byvoordele aan die hoof daarvan toegeken het.

Die party se David Maynier het gister gesê hy sal Krygkor vra hoekom dit belonings op ‘n uitvoerende hoof uitgiet terwyl daar twyfel bestaan oor die maatskappy se langtermynvermoë om sy mandaat om verdedigingstuig vir die regering aan te skaf, uit te voer.

Krygkor se jaarverslag dui aan dat Sipho Thomo se jaarlikse salaris verlede jaar met 19 persent tot R1,45-miljoen verhoog is en dat sy byvoordele van R108,624 tot R1,391-miljoen verhoog is.

Die voordele sluit bonusse, prestasieverwante betalings en handelsbeperkingsbetalings in.

Die feit dat Thomo voor ‘n dissiplinêre verhoor moes verskyn oor beledigende opmerkings wat hy teenoor ‘n werknemer gemaak het en oor algemene kritiek oor sy bestuurstyl, maak dit nog meer twyfelagtig.

“Sipho Thomo is nou nie juis Jack Welsh nie,” het Maynier in ‘n verklaring gesê.

Die verslag dui aan dat Krygkor se surplus van R44-miljoen tot R37,5-miljoen gekrimp het, in weerwil van regeringsoorbetalings wat van R415-miljoen tot R479-miljoen gestyg het.

“Dit blyk dat Krygkor, sonder die regeringsoorbetalings, ‘n verlies van R441-miljoen in 2008/9 sou gemaak het.”

липецк жгутыОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.