Drama in Hlophe-onderhoud

Deel op

Die Geregtelike Dienskommissie se onderhoud met die regterpresident van die Weskaap, John Hlope, het gister ‘n dramatiese wending geneem toe daar beveel is dat die publiek en die media die vertrek ontruim gedurende ondervraging oor sy verbintenis met die maatskappy Oasis.

Patricia de Lille, die leier van die Onafhanklike Demokrate, het hom gevra om die terme rakende sy bindfooi met die maatskappy te beskryf om haar sodoende te help om die aangeleentheid te verstaan.

Sommige van die kommissarisse het kapsie gemaak en gesê die GDK het reeds dié saak afgehandel.

Maar De Lille en die Inkatha Vryheidsparty se Koos van der Merwe het gesê dit was belangrik om in staat te wees om vrae oor die aangeleentheid in die openbaar te vra.

Advokaat Isak Smuts wou ook gehad het dat Hlope die oënskynlike teenstrydigheid dat sy stryd met die Grondwethofregters nie persoonlik was nie, moet verduidelik.

Smuts het tydens die GDK se voorlopige ondersoek gesê dat Hlophe sekere verklarings oor die regters gemaak het.

Na debatvoering het die Appèlhofregterpresident, Lex Mpati, gesê hy wil sulke argumente vermy.

Die bevel is toe gemaak dat die vertrek deur die media en die publiek ontruim moet word. Terwyl hulle op ‘n laer verdieping gewag het, is die media uit die gebou verskuif aangesien driftige stemme gehoor is.

что делает пародонтологданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.