Drigende vrae oor skoolkrag

Deel op

Afriforum het Vrydag sy hofsaak om elektrisiteitsvoorsiening na ‘n stuk of  67 skole in Pretoria heringestel te kry, maklik gewen, maar ‘n hele spul vrae oor die kwessie bly onbeantwoord – en die moontlike antwoorde gee rede tot groot kommer.

Reeds met die eerste berigte hieroor was daar aanduidings dat die meeste van die skole wie se krag afgesny is, as “Afrikaanse” skole bestempel kan word. Op die Internet het mense vrae hieroor gestel, maar geen inligting het tot dusver na vore gekom nie. In Sondagaand se Fokus-program op TV het Flip Buys van Solidariteit net terloops opgemerk dat die meeste skole “Afrikaanse” skole is. Daar steek dus iets in die bewerings.

Is dit waar en indien wel hoekom het die stadsraad van “Tshwane” dit goedgedink om net Afrikaanse skole te teiken in sy geldstryd met die sentrale regering?

Dit sal waardeer word indien Afriforum ‘n volledige lys van die skole bekend kan maak en aandui watter skole Afrikaans is, watter hoofsaaklik “wit engelse skole” is en watter swart skole is en waar hulle geleë is.

Na gelang van die feite wat aan die lig kom, kan en moet daar verder opgetree word. Ek wil aanvaar dat die VF+ die saak vinnig in die stadsraad aanhangig sal wil maak en as dit nie antwoorde voorsien nie, die stadsraad hof toe sleep en ook by die menseregtekommissie aankla – vir wat dit werd is!

Maar of die meeste skole nou Afrikaans is of nie, bly daar ‘n verdere vraag hoekom skole en kinders se geleerdheid geteiken word in dispute tussen eerste en tweedevlak staatsowerhede? Dit wil voorkom of daar wel ook krag na sekere staatsgeboue afgesny is,  maar dan is daar weer ‘n gebrek aan voldoende inligting – hoeveel sulke geboue en hoekom nie eers alle sentrale regeringinstansies teiken aleer skole so misbruik word nie?  ‘n Mens kan net hoop dat iemand die saak by Zuma aanhangg sal maak en dat hy hierdie kwessie gaan aanspreek want dit grens aan misdaad teenoor kinders – alle kinders

Die derde punt wat ek wil aanhaal, is dat dit jammer is dat Afriforum nie van die Nasionale Belastingbetalersunie se kundigheid en standpunte in die hofsaak gebruik gemaak het nie. Daar is op die oomblik ‘n taamlike dispuut aan die gang of munisipaliteite geregtig is om krag- en watervoorsiening af te sny in gevalle waar eiendomsbelasting uitstaande is. Daar was in die afgelope weke standpunte op skrif deur NERSA,  die nasionale elektrisiteitsreguleerder, dat dit nie gedoen mag word nie en strydig is met wetlike bepalings. Maar NERSA – of dan sommige mense binne die organisasie -het vinnig omgespring en weier nou om kommentaar oor die kwessie te lewer – volgens die NBU.

Hier was ‘n gulde geleentheid vir Afriforum om in samewerking met die NBU die kwessie uit te klaar deur NERSA ook as ‘n party tot Vrydag se hofgedwing in te sleep op spesifiek hierdie punt. Nie alleen kon dit dalk groot duidelikheid oor die kwessie gebring het tot voordeel van talle munisipale belastingbetalers nie, maar dit kon toekomstige optrede soos hierdie teen skole en leerlinge net hier stopgesit het.

медицинская справка для поступления в вузДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.