Wat het van ons parke geword?

Deel op

Alhoewel die huise se erwe kleintyd groter was as vandag se posseëlgrootte-erwe, het ons ma-hulle ons tog na parke geneem. My nefie-hulle het in Kensington in Johannesburg gewoon. Ons het baie ure saam met my nefies in Rhodes Park deurgebring: in die sandputte, op die swaaie of in die swembaddens. Dit was gratis en veilig. My ma-hulle het, voor ek gebore is, in die middestad van Johannesburg gewerk en het glo dikwels hul toebroodjies in Joubertpark gaan nuttig.

So ook was daar heelwat parke in en om ons werkersklasbuurt aan die Oosrand. By een het ons “dryfings” met ‘n rugbybal gespeel. Die dam in ons omgewing was nie omhein gewees nie. Ons het krappe gevang, om hom gaan draf en selfs later van tyd onder die bome met ons meisies gevry. Boksburgmeer het ‘n “foefie-slide” en motorbote wat mens teen betaling kon huur, gehad. Elke Tweede Kersdag het ons en my pa-hulle se broers gaan piekniek hou by Germistonmeer, en op Pleasureland se mallemeulens gery wat elke Desember langs Germies Lake was. (Hoe lyk Johannesburg se Dieretuinmeer deesdae, wonder ek?)

Central Park en Hyde Park is eweneens bekende voorbeelde van parke waar die woonstelbewoners van Manhattan en Londen ontspan, hul kinders laat speel en met hul honde gaan stap. Die eerste foto wat ek met die destydse nuutjie van ‘n digitale kamera geneem het, was juis in Central Park op ‘n grou New Yorkse dag. Ek het nog nooit, ooit enige vrees in hetsy Hyde Park, hetsy Central Park ervaar nie. Inteendeel. Dis vriendelike, rustige plekke. Central Park was weliswaar ‘n paar jaar gelede ook maar ‘n ongesonde plek, voordat die New Yorkse polisie ernstig oor misdaad begin raak het.

Ons bly vandag egter in ‘n beskeie huisie op een van daardie posseëlgrootte-erfies. Ek weet nie hoeveel balle ek en my seuntjie al oor die mure geslaan of laat vlieg het met die krieketspelery saam nie. Daar is egter geen park in die omgewing waar mens kan waag om heen te gaan nie. Daar is die skole se sportvelde wat nommerpas vir krieket sou wees, maar hulle word met kettings en doringdraad toegesluit. Daar word skynbaar nie juis meer parke as deel van nuwe woongebiede gebou nie.

Die parke wat nog in die ouer buurte of in die binnestede bestaan, is lewensgevaarlik, vol boemelaars en smerig vuil. Die kans is goed dat ek en my seuntjie sal terugkeer van ‘n hedendaagse park af sonder ons kolf en bal en selfs op ‘n draagbaar met kele afgesny. Joubertpark in Johannesburg is ‘n uiterste voorbeeld hiervan. Sy hekke is permanent gesluit, omdat dit sedert 1994 nie soseer ‘n park geword het nie as Johannesburg se eie Delvillebos, ‘n bloedige slagveld. Fonteine in Pretoria verander telkens in Da Nang op vakansiedae, met anargistiese gedrag en tientalle messtekerye.

Miskien is ons parke ‘n metafoor vir die algemene barbaarsheid waarin die land sedert 1994 verval het. As Central Park die groen long van Manhattan is, is Suid-Afrika se parke die stede se kwaadaardige longgewasse.

воронеж аксессуарыДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.