SA in greep van transnasionale misdaadsindikate

Image

Die name van die meer as 1650 slagoffers van plaasaanvalle is gister vir 8 ure lank op ‘n internetradiostasie deur bekendes uitgelees. Van die omroepers was onder andere Bok van Blerk en Charlene Surtee-Richards.

Dit was die langste lees van misdaadstatistiek op ‘n radiostasie in die geskiedenis. Hiermee wou die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit die verswygde en ontkende werklikheid wat die grusaamheid van die plaasaanvalle omgewe, oor ‘n wyer front bekendmaak. En dit is veral toepaslik noudat die rasdebat verlede week sy kop in die media uitgesteek het.

Vir die AFTS (Arty Farty Trendy Socialites) in die Suid-Afrikaanse samelewing wat beweer dat geweldsmisdaad nie rasgedrewe is nie, was dit hopelik ‘n doodskoot, ten minste vir hul menings. Hierdie mense moet ook maar net die maksimumsekuriteitsafdeling in enige tronk besoek om te kan sien dat geweldsmisdaad ‘n swart probleem is.

Hopelik versterk dit Huntley se saak in Kanada. Maar die feite rondom misdaad wat deur die polisie en die regering verswyg word, strek baie verder as net die slagoffers van die plaasaanvalle.

Die totstandkoming van die ANC-regering het die grootste prys ooit aan transnasionale misdaadsindikate in hul aardse bestaan oorhandig: Suid Afrika.

Met die val van die Berlynse muur, het kommunistiese regimes se intelligensiedienste hulle onmiddellik tot misdaad gewend.

Daar het twee soorte misdaadnywerhede op Suid-Afrika toegesak. Die eerste bedryf is in dwelms en die hoofrolspelers is afkomstig uit Nigerië, Italië en Suid-Amerika.

Die tweede bedryf is die handel in wapens, in ruil vir Afrika suid van die Sahara se waardevolle minerale – diamante, koper, sink en koltan. By hierdie bedryf is hoofsaaklik Russe, Belge, Amerikaners, Franse, Britte en Israeli’s betrokke.

In hierdie nuwe onwettige ekonomieë het menige Suid-Afrikaner verstrik geraak, en die lewensbloed van Suid-Afrika soos ‘n dodelike bloedsuier opgeslurp. Vele wat by die nagmerriewêreld van hierdie nuwe misdaadsindikate betrokke geraak het, wend hulle tot geweld om te kan oorleef. Ander wend hulle tot geweld om hulle dwelmafhanklikheid in stand te hou.

Die grootste nalatenskap van die ANC-regering sedert 1994, is dat hulle ‘n land met die hoogste jaarlikse getal moorde ter wêreld geskep het, asook ‘n dinamiese misdaadnetwerk wat die hele Suid-Afrika dek.

En niks hiervan sou moontlik gewees het, as dit nie was dat ‘n groot gedeelte van die polisiemag en ander staatsamptenare deel van hierdie transnasionale misdaadsindikate is nie.

Meer as 45 000 mense word jaarliks in Suid-Afrika vermoor. Die lewe in die plakkerskampe is ‘n bewese teelaarde vir gewelddadige sosiopate. Die landsgrense, wat vir alle praktiese doeleindes nie meer vir burgers van die SAOG bestaan nie, is vir smokkelary in onwettige goedere oopgegooi.

Met kreatiewe bemarkingstegnieke het misdaadsindikate daarin geslaag om dwelmverbruik onder alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika te laat styg.

Suid-Afrika is die grootste uitvoerder van dwelms ter wêreld, en verskaf die meeste dagga aan Brittanje.

Die Koue Oorlog se bipolêre karakter het ‘n beperkende invloed op die handel in grondstowwe gehad. Terreurgroepe het hul fondse by een van die twee groot moondhede verkry. Maar met die val van die Berlynse muur het die verkoop van hulpbronne belangrik vir die finansiering van terreurgroepe geraak. Transnasionale misdaadsindikate van regoor die wêreld het hul werksaamhede oor kontinente heen uitgebrei. Lande wat misdadigers soos ikone behandel, veral met ‘n liberale, toeskietlike grondwet, het tydens die uitbreiding van hul werksaamhede voorkeur geniet. En wat die voorkeurbehandeling van misdadigers betref, is Suid-Afrika die kersie op hulle koek.

As derdewêreldland met bykans 50 persent werkloosheid en ‘n armoede-indeks van 46 persent, is misdaadinkomste die lewensbloed van die Suid-Afrikaanse massa. Sonder hierdie inkomste verhoog die revolusionêre potensiaal dramaties.

Persone wat harde dwelms soos kokaïne gebruik, het sowat R400 000 per jaar nodig om die gewoonte vol te hou. En hulle sal moor om die geld in die hande te kry. Harde dwelmgebruik en geweldsmisdade loop hand-aan-hand.

En met 600 000 onwettige Nigeriërs in Suid Afrika, wat daagliks die getal dwelmverbruikers in die land laat vermeerder, is toenemende geweldsmisdaad ‘n noodwendigheid.

метро алкогольные напитки цены

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.