Oegandese moor mekaar oor hoofman se reisplan

Deel op

Image

Onlusmakers verbrand ‘n bus in die hoofstad, Kampala

Ten minste 21 mense is gedood en meer as 80 beseer gedurende drie dae van onluste in Oeganda, het 'n polisiewoordvoerder gesê. Volgens Judith Nabakooba is 663 mense in hegtenis geneem en 86 is beseer.

Deel op

Hoewel die bui op straat in die hoofstad Maandag kalm was, het spanning tussen president Yoweri Museveni en die Boeganda-stam – wat onder leiding van Hoofman Ronald Mutebi II staan – oor die afgelope aantal jare toegeneem. Vandaar die geweld wat verlede Donderdag losgebars het, toe die regering verklaar het dat hy nie die hoofman gaan toelaat om na 'n gebied te reis wat deur 'n afvallige stam van sy mededingers bewoon word nie.

Hoofmanne in dié Oos-Afrikaland is beperk tot 'n seremoniële rol van toesig oor tradisionele en kulturele aangeleenthede. Regeringsamptenare en die Boeganda-stamowerheid maak al jare lank rusie, oor grond, soewereiniteit en politieke mag.

Ná die reisverbod, het meesal jong Boegandes op straat uitgegaan, ammunisie van 'n polisiestasie gesteel, polisiemanne gekonfronteer en hulle daarvan beskuldig dat hulle lastig geval word.

"Die regering is verkeerd om kulturele instellings te ondergrawe, wat die ruggraat van Oeganda se erfenis verteenwoordig," het Mzamiroe Balidha, 'n inwoner van Kampala, gesê. "Tradisionele leiers moet met rus gelaat word aangesien hulle nie by die politiek inmeng nie."

Onlusmakers het motorbande en motors verbrand, geboue aan die brand gesteek en winkels geplunder. Strate in die hoofstad is verlede naweek met vullis bestrooi, wat uitgebrande motors en bande insluit.

Teen Sondag het die polisie en weermag die verlate strate gepatrolleer soos wat inwoners gepoog het om weer ná die betogings tot normaal terug te keer.

"Ek is bly om te sien daar is nou weer vrede," sê Harry Sagara van Kampala. "Nou kan mense weer gaan werk."
'n Regeringsamptenaar het Sondag gesê dat die twee leiers belowe het om te vergader en hul geskille by te lê.

"Sowel die sentrale regering as die hoofman is steeds besig om die besonderhede van die ontmoeting te finaliseer," het Daudi Migereko, die minister van parlementêre aangeleenthede, gesê.

In Washington het die Amerikaanse departement van buitelandse sake Amerikaners in Oeganda gewaarsku teen die potensiaal vir verdere gewelddadige betogings vandeesweek.

"VS-burgers moet daarvan bewus wees dat selfs vreedsame byeenkomste en betogings onverwags gewelddadig kan raak," lui die Amerikaanse departement van buitelandse sake se reiswaarskuwing.

Die Boegandese is die grootste en oorheersende etniese groep in die land, een van vier.

Boeganda is die stamgebied van die Boeganda wat uit 5,5 miljoen siele of 16,9 persent van die land se bevolking bestaan. Die enkelvoud is Moeganda en hulle word dikwels ook gewoon Ganda genoem. Die naam "Oeganda", die Swahiliwoord vir Boeganda, is in 1894 deur Britse amptenare aangeneem toe hulle die Oeganda-protektoraat geskep het, wat in Boeganda gesetel was.

Crime Sceneлобановский обыск

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.