En die Trogvark-Oscar gaan aan?

Deel op

Image

Jacob Maroga… vreet ‘n pad deur Eskom se kontant

Vandeesmaand se Trogvark-Oscar gaan aan Jacob Maroga, hoofbeampte van Eksdom. Die Trogvark-Oscars word uitgedeel aan regstellende-aksie-amptenare wat hulself onderskei van die res van die eweneens onbekwame RA-aanstellings, nie net weens hulle onbekwaamheid nie, maar ook hulle opperste gierigheid.

Deel op

Die probleme by Eksdom is welbekend. Maroga se RA-onbevoegdheid, op sigself ‘n toutologie, is legendaries. Hy het byvoorbeeld die aanbevelings van ‘n ondersoek na die probleme met Eksdom se steenkoolvoorsiening geïgnoreer. Dié ondersoek het aanbeveel dat die hoofbeampte van Eksdom se steenkoolverskaffingsarm ontslaan word.

Maroga het egter nie opgetree nie, en ons almal weet wat die gevolg daarvan was: grootskeepse kragonderbrekings. Eers toe die kragonderbrekings begin het, het Maroga sy vinger getrek en toe wel die betrokke hoofbeampte ontslaan, maar dit was heeltemal te laat. Die probleem is waarskynlik dat Maroga hetsy nie kan lees nie, hetsy nie die inhoud van die verslag verstaan het nie, hetsy beter dinge gehad het om te doen, soos om gholf te speel.

Nietemin beskou Maroga blykbaar nie sy diepgaande en fundamentele onbekwaamheid as ‘n struikelblok in die pad van sy gierigheid nie. Hy het ‘n allemintige salarisaanpassing van R1 miljoen “verdien” (sic), bo en behalwe sy alreeds astronomiese salaris van R3.9 miljoen. Dit is sowat ‘n 25% verhoging, waarvoor Jan Publiek sal moet opdok, ‘n publiek wat boonop swaartrek met kragpryse wat die hoogte in geskiet het.

In hierdie opsig is Maroga nie alleen nie. Hy is bloot een van duisende onbekwame RA-“bestuurders” wat klaarblyklik geen skaamte het nie, ‘n snuffelende vark by die trog van selfverryking ten koste van die swaarbelaaide belastingbetalers.

best free casinoФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.