Handel in TB-speeksel floreer

Deel op

Die Daily Sun het Maandag berig dat TB-pasiënte hul speeksel glo verkoop. Gesonde mense gebruik die speeksel van tuberkulose-lyers om vir ’n ongeskiktheidstoelae te kwalifiseer.

Dit is bekend dat TB-pasiënte ophou om hul medikasie te neem sodat hulle vir die staatstoelae in aanmerking kan bly of kan aanhou om speeksel te verkoop. 

Die handel en toelaes verklaar waarskynlik ook die geweldige "infeksiekoers" van TB in Suid-Afrika. 

Die siekes in Khayelitsha in Kaapstad verkwansel hul speeksel teen sowat R100 per botteltjie.

Die botteljie spoeg kan ’n tydelike ongeskiktheidstoelae van R1 010 beteken.

Die TB-pasiënt van wie verslaggewers van die Daily Sun spoegmonsters gekoop het, het gesê hy maak omtrent R500 per maand deur sy liggaamsvloeistof van die hand te sit.

Die departement van gesondheid het gesondheidswerkers landwyd gevra om “uiters waaksaam” te wees nadat die bedrogspul aan die lig gekom het, het Die Burger berig.

софиты дляЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.