Dronk swart kunstenaar maak amok by MTV-musiektoekennings

Deel op

Image

West gryp Swift se mikrofoon

Met 'n bottel duur brandewyn in die hand het swart musiekster Kanye West, 32, 'n vertoning gelewer by die MTV musiekvideotoekennings wat nie gou vergeet sal word nie. En dit was nie 'n musikale vertoning wat hy gelewer het nie.

Die aangeklamde hip-hop-kunstenaar, uitgedos in 'n blink hemp en Caterpillar-stewels, het tydens die country-sangeres Taylor Swift se bedankingstoespraak op die verhoog gestorm en die mikrofoon uit haar hand gegryp.

Die 19-jarige ster wat die beste musiekvideotoekenning gewen het vir You Belong To Me, het half verdwaas op die verhoog bly staan en toegekyk hoe West aan die gehoor skree dat die eerste prys moes gegaan het aan sy vriendin Beyonce vir Single Ladies.

Die gehoor was doodstil van skok en het uiteindelik begin boe. Swift het die petalje "interessant" genoem en gesê haar opgewondenheid het verdamp toe die mikrofoon by haar gegryp en haar prestasie afgemaak is.

West het glo reeds op die rooi tapyt by sy aankoms met die bottel Hennessy cognac gespog.

Beyonce het later die aand wel 'n toekenning gewen en die wit tiener weer op die verhoog genooi om haar bedankingstoespraak te kom klaarmaak onder luide applous.

Die dronk swart rapsanger is daarna uitgesmyt by Radio City Music Hall in New York waar die toekennings plaasgevind het.

Dis nie die eerste keer dat hy homself wangedra nie en het by 'n ander geleentheid ook skandes gemaak omdat hyself nie 'n toekenning gewen het nie.

Alhoewel Swift sê sy is nie kwaad vir West nie, doen daar "tweets", boodskappe op Twitter, die rondte dat sy erg ontsteld was en gehuil het agter die verhooggordyn na afloop van West se uitbarsting teen haar.

Die sangeres Pink was glo so ontsteld dat sekuriteit haar moes wegbegelei van West na die vertoning.

Sy het op Twitter laat weet 'Kanye West is die grootste stuk k*k op aarde. Haal my aan'. Katy Perry het hom ook getakel en gesê sy uitbarsting was soos om op 'n babakatjie te trap.

Maar die gevleuelde woorde van Britse aanbieder Russell Brand, was 'n openbaring. Kennelik beskou die sanger homself ook as 'n lid van 'n uitverkore etniese groep.

"Wel, die Jonas Brothers het my vergewe – hulle moet want hulle is Christene – en Barack Obama is nou president van Amerika, daarom, op 'n manier, kan en net sê wat ek wil en daarmee wegkom."

ABC-korrespondent Terry Moran het intussen die Twitter-sfeer laat opvladder met 'n boodskap dat president Obama West glo 'n "jackass" genoem het. Met die president se aanhang onder wit kiesers wat in vryval is, moes die Withuis seker 'n sug van verligting geslaak het dat Obama nie weer iets anti-wit kwytgeraak het nie.

Die opmerking deur die president is tydens 'n onderhoud met CNBC gemaak, en die ABC-korrespondent het glo voortydig 'n "tweet" uitgestuur van 'n deel van die onderhoud wat van die rekord af was, het ABC in 'n verklaring gesê en verskoning aangebied.

Die Withuis het nie dadelik kommentaar gelewer nie.

ударный гайковертАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.