Die vyfmalige Amerikaanse Ope kampioen, Roger Federer, het in vyf stelle teen die ellelange Argentyn, Juan Martin del Potro verloor. Die telling was 3-6, 7-6, 4-6, 7-6, 6-2 in die twintigjarige Del Potro se guns.
Federer het die wedstryd goed begin en dit het gelyk asof hy Del Potro se vreesaanjaende grondhoue met goeie taktiek geneutraliseer het. Maar van die einde van die tweede stel af het Del Potro met vreeslose tennis vorendag gekom en Federer het geen antwoorde vir die Argentyn se kragspel gehad nie.
Dit was die eerste keer sedert 2004 dat Federer ‘n wedstryd in die Amerikaanse Ope verloor het.
Del Potro het die vorige ses kragmetings teen Federer verloor.