Patrick Swayze sterf

Die akteur, Patrick Swayze, het na ‘n tweejaarlange stryd teen pankreaskanker gesterf.

Swayze se openbare beeldhanteerder, Annett Wolf, het gesê die 57-jarige akteur het gister met sy gesin aan sy sy gesterf. Hy het sy siekte verlede jaar openbaar gemaak maar steeds bly werk terwyl hy behandeling ondergaan het.

Swayze het in 1987 ‘n internasionale ster geword vir sy rol in “Dirty Dancing,” ‘n rolprent wat gehandel het oor die volwassewording van ‘n meisie tydens ‘n somerkamp. In 1990 het die rolprent “Ghost” sy sterstatus bevestig.

Swayze het bly werk, selfs nadat hy in Maart verlede jaar dit bekend gemaak het dat hy aan kanker ly. Hy het verskyn in “The Beast,” ‘n dramareeks, en het gesê hy en sy vrou werk aan ‘n memoir. 

дизельный или бензиновыйлобановский александр игоревич харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.