Praag Rugby doen dit weer!

Kop op die Blok se verstommende toetsvoorspelling

 Rugbyskrywers regoor Suid-Afrika wat gister se Kop op die Blok gelees het – en daar is al hoe meer sulke lesers – wens vandag húlle het dit geskryf. Nie net het Kop op die Blok ‘n Springbokoorwinning in weerwil van ‘n algemeen aanvaarde nederlaag voorspel nie, hy het boonop die presiese punteverskil – 3 – reg gehad.

Meer verstommend nog, is sy profesie oor die verloop van die wedstryd. Asof hy die wedstryd vooraf gesien het, skryf hy gister:

"Hierdie is ‘n toets wat ‘n ou bekende chronologie gaan voortsit: Die All Blacks gaan te lank vat om aan te pas by die krag en presiesheid van die Springbokke en gaan eers tot verhaal kom wanneer hulle vyftien punte of meer agter is. Die Springbokke gaan dan die hortjies toemaak en hulle voorsprong verdedig. Kort voor die einde, vrygewig soos hulle is, sal hulle vir Dan Carter of een van die vleuels toelaat om ‘n drie te druk."

Die Springbokke het inderdaad gou genoeg ‘n stewige voorsprong opgebou. Dit was vroeg in die tweede helfte dertien punte werd. Daarna het hulle die gaping verdedig en uiteindelik die All Blacks toegelaat om twee drieë toe te laat – een deur die vleuel Sitiveni Sivivatu. Die laaste drie, ook op die kop volgens voorspelling, is enkele minute voor die einde van die wedstryd gedruk.

Vir ‘n volledige oorsig en sifting deur die feite van die wedstryd, lees die volledige verslag, môre net by Praag.

куплю медицинскую справкутопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.