Kop op die blok s?: Haaie gaan vertrap word op Loftus

Deel op

Image

Gustav Venter

‘n Haai swem nie so lekker op droë grond nie. En die ongemak kan ‘n foltering word as die vis boonop deur ‘n trop beeste vertrap word. Dít is wat Stefan Terblanche môre gaan leer wanneer hulle, dorsale vinne pronkend na ‘n paar wenslae, die Blou Bulle tussen die horings op Loftus moet kyk.

Deel op

Protesteer soos wat Haaie-afrigter John Plumtree wil, sy span neem te veel dinge vanselfsprekend aan. Die vernaamste daarvan is dat die plaasvervangers wat die Pretoriaanse Springbokke se plekke moet warm hou, nie die Blou Bul-rugbyfilosofie mooi ingestudeer het nie. ‘n Mens kan hierdie mistasting verstaan: Die Bulle het deurtrek met stywesiekte gelyk teen die Leeus en die WP. Frans Ludeke is egter ‘n boer wat al hoe meer tuis lyk in die bulkraal en hy weet wat die regte doepa is om slym uit die oë en stramheid uit die spiere te verdryf.

Vir die Haaie om te wen, moet hulle ‘n voorpak geskoei op ‘n tradisionele voorspelerlees tem, en dit is juis hier waar hulle gaan vasval. Daar is min te kies tussen die voorrye, maar van daar af is die Blou Bulle die ene brahmaan. Dit is veral te betwyfel of die Haaie se basketbaltipe slotte, Albert van den Bergh en Steven Sykes, die brekerbenadering van Wilhelm Steenkamp en Flip van der Merwe sal kan weerstaan. En hoewel die Haaie ‘n gebalanseerde losdrietal, vol flair en werksywer, het, sal Pedrie Wannenburg hulle te gereeld terugdryf, sal Dewald Potgieter se kortpadrugby hulle verskrik en sal Deon Stegmann net te veel balle van hulle af wegbrüssouw.

Die Haaie floreer as daar bloed in die water is, wanneer die spel losrafel en goedkoop balle rondlê van waar hulle tussen ongeorganiseerde agterspelers kan inkom. Die Blou Bulle se agterlyn het egter te veel struktuur. Burton Francis verstaan die bestanddele van die Blou-Bul-resep al hoe beter en weet hoe om die pap aan te maak. Nie net sal die Pretoorsdorpers se agterlyn nie in die verdediging skiet gee nie, hulle het genoeg karwatskrag om self pak uit te deel, met veral Jaco Pretorius wat nou wys dat hy weer begin verstaan waar die doellyn is.

Praag se voorspelling: Die Haaie se drie drieë is te min om ‘n Blou-Bul-oorwinning te keer.

русская народная рубашка для девочкиалександр лобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.