Moet ons kom groet?

Deel op

In 2002 klim ek en my vrou op vlug LX289 op pad na Zurich en uiteindelik na Londen. Ons gaan vir 'n jaar in die buiteland werk en dan keer ons terug huis toe en hervat ons lewe. Maklik soos dit.

Na 5 jaar is ons nog hier en ons het teen alle raad besluit om terug te keer na Suid-Afrika. Meer en meer wil dit vir my lyk ons het 'n verkeerde besluit geneem.

Ons het nooit ons koebaais gesê nie en ons voel ons moet eers vir onsself gaan kyk of dinge werklik so sleg is soos almal dit uitmaak.

Deel op

Vir enige persoon wat sy land verlaat dink ek, daar is maar altyd 'n hunkering na waar hy hoort. As jy afgesien het van jou land en jy het finaal besluit jy gaan nooit weer terug nie, dan moet jy maar vrede maak met daai hol kol.

As jy nooit daardie finale besluit gemaak het nie vreet dáárdie verlange jou, dag na dag.

Ons hoort nie waar ons tans is nie, ons sal altyd "foreigners" wees. Maar dan vra ek myself af, hoort ons dan enigsins nog in SA of is ons ook nie maar net die "settlers" nie?

Soveel Afrikaners maak elke dag 'n lewe in SA, wonder bo wonder. Etlikes offer hul lewens op daarvoor.

Wat as ons slagoffers word van die geweld, sal ek ooit myself kan vergewe? 

Intussen het ons Boeremeisietjie drie geword en was sy skaars 6 weke van haar lewe in ons vaderland. Geoordeel aan alles wat hier tot haar beskikking is en opgeweeg aan dit wat in SA bestaan, lyk dit maar nie so lekker om alles hier op te gee vir die onsekere nie.

Wat van skole, gaan sy die skoolopleiding ontvang wat sy hier kan verwag?

Gaan daar 'n Universiteit wees wat nog enigsins die moeite werd sal wees?

Kan ons rustig gaan slaap snags?

Kan ons ons geliefkooste tydverdryf, stap, nog beoefen?

Ek het nie antwoorde op dié vrae nie en ek reken dit is seker waarom ons die tog moet maak.

Ons kan net hoop dat die Afrikaners se oë oopgaan en sien wat hul werklik verloor.

Een troos, as dinge nie uitwerk nie, kan ons totsiens sê.

Adverteer op praag.org

{loadmoduleposition banner}

 

 отзывы о хорватиилобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.