Malawi het rekordmielieoes, maar steeds hongersnood

Deel op

Image

Honger kinders ontvang voedselhulp

Malawi het so pas 'n rekordmielieoes gehad, maar die VN se Wêreldvoedselprogram vra dringend geld om 500 000 hongeres in die land vir 'n hele jaar te voed.

Deel op

Volgens Ann Callanan, 'n direkteur van die Wêreldvoedselprogram, "Soek ons skenkerondersteuning van 5,2 miljoen dollar om die WVP in staat te stel om aan die voedselbehoeftes van die geteikende begunstigdes tot Desember 2010 te voldoen."

Callanan het gesê dat in weerwil van 'n rekordmielieoes van 3,3 miljoen ton, "hierdie nasionale oorskot nie outomaties en direk na brose groepe, soos die chroniese siekes en weeskinders afwentel nie."

Die brose begunstigdes – wat op 535 000 beraam word – sluit Vigslyers in, asook pasiënte wat behandeling vir tuberkulose ontvang en kinders wat ondervoed is.

"Ons het desperaat skenkers se aanhoudende ondersteuning nodig om aan die behoeftes van die begunstigde-kategorieë te voorsien wat moontlik nie die geleentheid gaan hê om voordeel uit die voedseloorskot te trek nie," het sy bygevoeg.

Malawi het vanjaar 'n rekordmielieoes gehad, wat aan intensiewe besteding aan kunsmis en ander landbou-insette toegeskryf word.

Voedselsekerheid bly egter 'n dringende kwessie vir die Malawiërs wat deur armoede geteister word en ongeveer 45 persent van die 13 miljoen inwoners verteenwoordig.

светильники для освещенияtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.